Man vas na­dat hy met ie­ter­ma­gog in sak be­trap is

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die on­wet­ti­ge han­del in ie­ter­ma­gogs, ’n hoogs be­dreig­de spe­sie, neem toe in Lim­po­po.

’n Man (21) is Woens­dag in Al­l­days met ’n le­wen­de ie­ter­ma­gog be­trap en in heg­te­nis ge­neem, sê lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der.

Die dier was in ’n sak en het draad om die kop ge­had.

Die man sal eers­daags in die hof ver­skyn.

Die ie­ter­ma­gog is nou in die sorg van die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke.

Ver­le­de week is drie mans by die Li­fe­sty­le-win­kel­sen­trum in T­za­neen in heg­te­nis ge­neem toe hul­le glo ’n ie­ter­ma­gog wou ver­koop.

Sim­ba Si­man­go (32), Ja­cob T­ho­sa­go (27) en C­hi­po Map­ho­sa (19) het in die land­dros­hof in T­za­neen ver­skyn en is borg­tog ge­wei­er.

Ie­ter­ma­gogs is tot op die rand van uit­wis­sing ge­stroop en het ver­le­de jaar die heel hoog­ste be­wa­ring­sta­tus ge­kry. Dit be­te­ken daar mag geen­sins han­del met dié die­re ge­dryf word nie.

Ie­ter­ma­gogs se skub­be is ’n lek­ker­ny in Oos­ter­se en SuidA­si­a­tie­se lan­de. Die soog­die­re se lig­gaams­de­le word ook in tra­di­si­o­ne­le me­di­sy­ne ge­bruik.

N­goe­pe sê men­se is on­langs ook in Ohrig­stad, Lou­is T­ri­chardt en Be­la-Be­la (Warm­bad) in heg­te­nis ge­neem om­dat hul­le met ie­ter­ma­gogs wou han­del dryf. ) In ’n af­son­der­li­ke voor­val is twee mans wat glo re­nos­ters wou stroop Woens­dag bui­te Gra­ve­lot­te in heg­te­nis ge­neem. N­goe­pe sê die po­li­sie het op ’n jag­ge­weer, pa­tro­ne en ’n pan­ga be­slag ge­lê.

Die twee mans sal la­ter in die land­dros­hof in T­za­neen op aan­klag­te van die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen en pa­tro­ne ver­skyn.

’n Man is Woens­dag in Al­l­days, Lim­po­po, in heg­te­nis ge­neem toe hy met ’n le­wen­de ie­ter­ma­gog be­trap is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.