Dié slan­ge werk saam om prooi te vang

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Ku­baan­se lui­slan­ge werk saam om hul prooi vas te keer deur ’n “gor­dyn” by die in­gang van grot­te te vorm.

Prof. Vla­di­mir Di­nets, ’n dier­kun­di­ge aan die U­ni­ver­si­teit van Ten­nes­see in K­nox­vil­le het op­ge­merk dat daar in tal­le grot­te waar vler­mui­se voor­kom ook lui­slan­ge is.

By sons­op­koms en sons­on­der­gang, wan­neer die vler­mui­se by die grot in- en uit­vlieg, vorm die slan­ge ’n gor­dyn by die in­gang om die vler­mui­se mak­li­ker te kan vang. Hul po­gings was by­na al­tyd suk­ses­vol, maar wan­neer net een lui­slang van die dak ge­hang het, kon hy nie al­tyd ’n maal­tyd vang nie, vol­gens die na­vor­sing, wat in die vak­joer­naal A­ni­mal Be­ha­vi­or and Cog­ni­ti­on ge­pu­bli­seer is.

Nog net ’n paar van die wê­reld se 3 650 slang­spe­sies is al reg­streeks waar­ge­neem ter­wyl hul­le jag. Di­nets sê dit is moont­lik dat an­der slang­spe­sies met span­werk kos in die han­de kry.

Die lui­slan­ge in Ku­ba is in ge­vaar om­dat men­se hul­le vir kos jag en as troe­tel­die­re aan­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.