Vry­dag Kap­tein Jack weer op sy stuk­ke

Beeld - - Vrydag - Kar­la Jan­se van Vuur­en

Jack is nie dood nie. In­teen­deel, hy is spring­le­wen­dig en vol van sy ou stre­ke in dié fliek, die vyf­de in die Pi­ra­tes of the Ca­rib­be­an- reeks.

Se­dert die eer­ste Pi­ra­tes, The Cur­se of the Black Pearl, in 2003 op die sil­wer­doek ver­skyn het, is ek ’n aan­han­ger, en ek is nie al­leen nie – twee van die flieks in die reeks het al meer as $1 mil­jard in­ge­hark.

En met ’n be­gro­ting van $230 mil­joen het die rol­prent­ma­kers dié keer baie groot ge­gaan om flie­klief­heb­bers te be­ïn­druk.

Sa­la­zar’s Re­ven­ge (ook el­ders uit­ge­reik as De­ad Men Tell No Ta­les) spog met nu­we bloed in die hoof­rol­le in die vorm van B­ren­ton Thwai­tes as Hen­ry Tur­ner (seun van Will Tur­ner en E­li­za­beth S­wann) en Ka­ya S­co­de­la­rio as Ca­ri­na S­myth, ’n ek­sen­trie­ke jong vrou met ’n mis­sie wat haar aan­vuur.

Hen­ry is op ’n mis­sie van sy eie, om die le­gen­da­rie­se drie­tand­vurk van Po­sei­don op te spoor en só sy pa te be­vry van sy ge­van­gen­skap op die skip die F­lying Dut­ch­man.

In­tus­sen is die rug­graat van die Pi­ra­tes- flieks, kapt. Jack S­par­row (John­ny Depp), se le­we ’n ge­mors – sy skip sit op droë grond, sy be­man­ning is kwaad vir hom en hy het kon­stant ’n rum­bot­tel in die hand. Hy be­gaan ook die groot fout om sy kom­pas (wat ook in ver­skeie van die an­der flieks ’n be­lang­ri­ke rol ge­speel het) weg te gee en so­doen­de be­vry hy sy groot­ste vy­and, kapt. Ar­man­do Sa­la­zar (Ja­vier Bar­dem) en dié se skip vol spook­ma­tro­se uit die De­vil’s T­ri­angle. Sa­la­zar het ’n ap­pel­tjie te skil met al­le see­ro­wers, en Jack spe­si­fiek.

Hen­ry, Ca­ri­na en Jack se paad­jies kruis en nog ’n ou guns­te­ling, kapt. Hec­tor Bar­bos­sa (Ge­of­frey Rush), sluit by hul­le aan en dié re­de­li­ke on­ge­mak­li­ke al­li­an­sie moet saam­werk om die drie­tand­vurk op te spoor voor­dat Sa­la­zar hul­le al­mal uit­wis.

Dié fliek is ’n vi­su­e­le fees en die rol­prent­ma­kers het hul­self oor­tref met die spe­si­a­le ef­fek­te wat Sa­la­zar en sy be­man­ning in vrees­aan­ja­en­de half ont­bin­de spo­ke ver­an­der. Doen jou­self ’n guns en gaan kyk dit in 3D.

Daar is e­le­men­te van die an­der flieks wat her­haal word (soos ka­rak­ters wat op die nip­per­tjie van te­reg­stel­ling ge­red word, spook­ma­tro­se en ’n soek­tog na ’n va­der­fi­guur) wat teen dié tyd ’n k­lein bie­tjie ge­yk voel. Dit voel ook as­of die sto­rie ’n bie­tjie min om die lyf het en die fliek pro­beer daar­voor ver­goed met a­sem­ro­wen­de vi­su­e­le e­le­men­te.

Dit steun ook swaar op Depp se ka­rak­ter om die goue draad­jie te wees wat al die flieks saam­bind.

Wat wel baie be­vre­di­gend is, ver­al vir aan­han­gers van die reeks, is dat die los dra­de van ’n paar sto­rie­ly­ne nou net­jies af­ge­bind is. Dit voel in­der­daad of dié nou die laas­te fliek in die reeks is (blyk­baar is dit nié, maar net die tyd sal leer).

Sa­la­zar’s Re­ven­ge voer ’n mens weer weg na kapt. Jack S­par­row en sy wê­reld, ’n reis waar jy nooit ver­veeld gaan wees nie. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.