Ril­ler bied ver­vlie­ten­de ver­maak

Beeld - - Vrydag - Kar­la Jan­se van Vuur­en Met on­der an­de­re Kat­her­i­ne Heigl, Ro­sa­rio Daw­son en Ge­off S­tults. Re­gie: De­ni­se Di No­vi. Tyds­duur: 100 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 16SG.

’n Kêns eks op die ag­ter­grond wat nie wil ver­dwyn nie, ’n nu­we ge­lief­de wat won­der waar­in sy haar be­geef het, en ’n mei­sie wat in die mid­del van al­les vas­ge­vang is, is Un­f­or­get­ta­ble in ’n neu­te­dop.

Ju­lia (Ro­sa­rio Daw­son) laat haar per­fek­te le­we in San Fran­cis­co ag­ter en t­rek by haar nu­we ge­lief­de, Da­vid (Ge­off S­tults), in.

Ter­wyl die ver­lief­des koer, staan Da­vid se ve­ny­ni­ge eks­vrou, Tes­sa (Kat­her­i­ne Heigl), op die ag­ter­grond en gluur. Met haar per­fek­te ha­re en uit­rus­tings lyk sy soos ’n win­kel­pop, ter­wyl Ju­lia meer soos ’n blom­me­kind lyk.

Aan­vank­lik lyk dit as­of Tes­sa met Ju­lia oor die weg wil kom, ver­al ter wil­le van Tes­sa en Da­vid se dog­ter­tjie, Li­ly (I­sa­bel­la Ri­ce). Maar voor­dat jy “ob­ses­sie” kan sê, be­gin die wie­le af­val, ver­al toe Tes­sa ag­ter­kom Da­vid wil Ju­lia die ja-woord vra.

Ju­lia het boon­op ’n don­ker ver­le­de wat sy vir Da­vid pro­beer weg­steek – nooit ’n goeie i­dee nie.

Kort voor lank staan haar ver­le­de (deur Tes­sa se toe­doen) voor haar deur en weet ’n mens sa­ke sal le­lik raak.

Daw­son is oor­tui­gend as die groot­oog, ver­lief­de Ju­lia wat ’n nu­we le­we wil skep met haar kits­ge­sin (Da­vid en Li­ly). Heigl, wat al as Iz­zy in G­rey’s A­na­tomy vir my ge­lyk het as­of sy ’n ef­fens on­sta­bie­le glin­ste­ring in haar oog het, is uit­ste­kend as die ui­ter­lik per­fek­te maar diep ver­steur­de Tes­sa.

Un­f­or­get­ta­ble is pre­sies wat dit wil wees: ’n kyk­ba­re ril­ler son­der te veel ver­ras­sings. Dit is per­fek vir ’n lek­ker gi­rls’ nig­ht met sjo­ko­la­de en gla­se vol rooi­wyn. Diep­te het dit eg­ter nie. Sy ti­tel ten spyt gaan dié fliek my be­slis nie baie lank by­bly nie. )

Met on­der an­de­re John­ny Depp, Ja­vier Bar­dem, B­ren­ton Thwai­tes en Ge­of­frey Rush. Re­gie: Es­pen Sand­berg en Jo­a­chim Røn­ning. Tyds­duur: 129 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 13OLG. Kapt. Jack S­par­row, ge­speel deur John­ny Depp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.