Op Son­dag 4 Ju­nie om 16:00 be­gin die vyf­de reeks van die ge­wil­de skool­koor­kom­pe­ti­sie­pro­gram op kykNET (ka­naal 144). het een van die op­na­mes by die Sil­ver­star Ca­si­no by­ge­woon.

Teré­sa Coet­zee

Beeld - - Vrydag -

Nog nooit was koor­sang so koel soos nou nie en die pro­gram Sing in har­mo­nie het let­ter­lik vir skool­ko­re ge­help om ’n nu­we baad­jie aan te t­rek en weer in die kollig te wees.

Ty­dens hier­die reeks kry 130 skool­ko­re van oor die land heen die ge­leent­heid om stem dik te maak en el­ke Son­dag ding hul­le mee om uit­ein­de­lik as die bes­te skool­koor in die land aan­ge­wys te word.

Daar is ’n ka­te­go­rie vir la­er­sko­le en van­jaar is die eer­ste keer dat ho­ër­sko­le ook kan deel­neem.

“Ons was oor­wel­dig deur die re­ak­sie hier­die jaar. Daar is so­wat 11 000 leer­lin­ge wat saam kom sing het en dit wys jou net dat koor­sang nog lank nie uit­ge­leef is nie.

“Koor is steeds ’n baie groot en ge­wil­de ak­ti­wi­teit in sko­le,” sê An­tho­nie Bou­gas, die aan­bie­der van Sing in har­mo­nie en ook die s­kep­per van hier­die pro­gram.

An­tho­nie was self ’n koor­lid op sy dag en as kind het hy in die Ty­ger­berg-kin­der­koor en die Suid-A­fri­kaan­se Jeug­koor ge­sing.

In die reeks ver­ras hy die ky­kers ge­reeld met een van sy lied­jies. Hy was op 14-ja­ri­ge ou­der­dom die naas­wen­ner van die Su­per­ster­re- reeks in 2007 en daar­na het hy ’n paar keer ’n draai op die Vil­la Ro­sa- stel gaan maak, waar hy die rol van die s­tu­dent Cel­liers Del­port ge­speel het. Hy was toe maar 15 jaar oud.

Die kon­sep van Sing in har- mo­nie is eint­lik ge­bo­re toe An­tho­nie by 700 sko­le land­wyd ge­sing het. “Ek het ’n leem­te in die mark ge­sien, want ons het so­veel won­der­li­ke ko­re en ta­lent in die land en daar is nie reg­tig ’n plat­vorm waar hul­le hul ta­lent kan ten toon stel nie. Ver­al nie op iets soos te­le­vi­sie met so ’n skou­spel­ag­ti­ge kom­po­nent nie,” sê An­tho­nie. Sing in har­mo­nie is ook die e­nig­ste koor­kom­pe­ti­sie waar die deel­ne­mers deel van die ge­hoor kan wees.

Toe die reeks drie en ’n half jaar ge­le­de be­gin het, het ’n skra­le 24 ko­re deel­ge­neem en se­dert­dien het dit fe­no­me­naal ge­groei.

“Die pro­gram bied reg­tig iets vir al­mal – van die erns­ti­ge pu­ris­te tot men­se wat eer­der net lek­ker luis­ter­lied­jies wil hoor,” sê An­tho­nie.

Die be­oor­de­laars van hier­die reeks is Jo­han He­ys­tek, P­hil­lip Kot­ze en Han­ne­lie van Sit­tert.

Daar is ses ka­te­go­rieë land­wyd en el­ke ka­te­go­rie­wen­ner ont­vang R10 000 kon­tant, die ge- leent­heid om ’n CD met tien snit­te in ’n a­tel­jee op te neem (ter waar­de van R20 000), die ge- leent­heid om ’n mu­siek­vi­deo op te neem (R25 000 werd) en 100 CD-ko­pieë (R5 000 werd).

Die waar­de van el­ke ka­te­go­rie­prys is dus R60 000.

Ky­kers­keu­se-kam­pi­oe­ne ont- vang elk­een ’n tiensnit-CD-op­na­me­ge­leent­heid ter waar­de van R20 000.

An­tho­nie Bou­gas saam met een van die la­er­skool­ko­re in Sing in har­mo­nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.