S­keu­ring in ANC sal SA bly maak

Beeld - - Kommentaar - Ta­ba­ne is po­li­tie­ke re­dak­teur van Ci­ty P­ress. Ra­pu­le Ta­ba­ne

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het van­dees­week ge­spog dat hy gra­de­rings­a­gent­skap­pe wat oor die land se toe­koms be­kom­merd is, ge­rus­ge­stel het dat die ANC nie gaan skeur nie.

Hy het ver­le­de Vry­dag ’n Moody’s-af­vaar­di­ging in Jo­han­nes­burg ont­moet. Moody’s het ook van­dees­week met G­we­de Man­tas­he, die ANC se se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, ver­ga­der om te pro­beer peil wat waar­skyn­lik op kort en me­di­um­ter­myn in die land gaan ge­beur.

Vol­gens Ra­map­ho­sa het Moody’s aan hom ge­sê die a­gent­skap meen die hui­di­ge te­kens dui daar­op dat die ANC gaan skeur. “Dit is wat Moody’s dink en ek het ef­fens ver­erg ge­ant­woord die ANC gaan nie skeur nie . . . en sál nie skeur nie om­dat die ANC die ver­ant­woor­de­lik­heid het om die men­se te ver­e­nig.” Uit sy kom­men­taar klink dit as­of Moody’s be­kom­merd is dat ’n ANC-s­keu­ring ’n slegte ding sal wees. Ek ver­on­der­stel die a­gent­skap is be­kom­merd oor die po­ten­si­aal vir kon­flik en ge­weld sou daar ’n s­keu­ring wees.

Maar ek is nie so se­ker dit is ’n goed in­ge­lig­te be­kom­mer­nis nie, want ’n mens sou kon aan­voer die ANC het die af­ge­lo­pe tien jaar twee keer ná sy kon­fe­ren­sies ge­skeur. Ná T­ha­bo M­be­ki se ne­der­laag op die Po­lo­kwa­ne-kon­fe­ren­sie in 2007 het som­mi­ge ANC-le­de weg­ge­breek en Co­pe ge­stig. Co­pe was aan­vank­lik sterk, maar bin­ne­ge­veg­te het sy in­vloed laat kwyn.

Ná die Man­gaung-kon­fe­ren­sie in 2012 waar pres. Ja­cob Zu­ma weer die mag be­kom het, het nog ANC-le­de die par­ty ver­laat en by Ju­li­us Ma­le­ma, ge­skors­te ANC-jeug­liga­pre­si­dent, aan­ge­sluit om die EFF te stig. Die EFF is ’n groei­en­de krag in ons po­li­tiek en het ’n do­ring in die ANC se vlees ge­word. Die ANC het dus in werk­lik­heid twee keer in die af­ge­lo­pe tien jaar ge­skeur en die he­mel het nie neer­ge­stort nie.

Moody’s moet der­hal­we nie on­no­dig be­kom­merd oor dié voor­uit­sig wees nie. Ek wil trou­ens ver­der gaan en be­spie­gel dat die mees­te Suid-A­fri­ka­ners selfs ’n ANC-s­keu­ring sal ver­wel­kom. Dit sal nie die ge­val wees om­dat ’n s­keu­ring ’n goeie ding sal wees nie, maar om­dat die af­ge­lo­pe 20 jaar ons ge­leer het dat e­ni­ge par­ty met ’n te groot meer­der­heid oor­ge­rus kan raak en sy kie­sers as van­self­spre­kend aan­vaar. ’n Doel­tref­fen­de de­mo­kra­sie is een waar­in voort­du­rend om die mag be­ding word, soos in die VSA, waar die be­wind van die De­mo­kra­te en die Re­pu­bli­kei­ne nooit ge­waar­borg is nie.

Son­der om oor die ANC se on­der­gang te kraai, is dit in­sig­ge­wend dat so­veel ver­mag kan word wan­neer hul­le oor­hoops met me­kaar is. Hou in ge­dag­te dat as Man­tas­he, Ra­map­ho­sa en Z­we­li Mk­hi­ze, ANC-te­sou­rier-ge­ne­raal, Zu­ma nie teen­ge­staan het nie, die om­stre­de B­ri­an Mo­le­fe teen dié tyd mi­nis­ter van fi­nan­sies sou wees.

Maar ge­luk­kig vir ons het Zu­ma teen daar­die tyd reeds sy me­de-ANC-lei­ers die har­nas in ge­jaag en was dit mak­li­ker vir hul­le om hom teen te staan, selfs in die o­pen­baar. ’n Paar jaar ge­le­de was dit on­denk­baar dat die ANC hom­self van die pre­si­dent se ka­bi­net­s­kom­me­ling sou dis­tan­si­eer. Die ver­deeld­heid het in werk­lik­heid in Sui­d­A­fri­ka se guns ge­werk om­dat hul­le Mo­le­fe o­pen­lik as mi­nis­ter ver­werp het.

’n Paar jaar ge­le­de sou dit ook on­van­pas ge­wees het dat Lyn­ne Brown, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, sul­ke vy­an­dig­heid van me­de-ANC-le­de in die par­le­ment sou er­vaar. Die op­po­si­sie- en die ANC-LP’s het haar en die E­s­kom-di­rek­sie uit­me­kaar­ge­trek.

So ja, Cy­ril, die be­vry­dings­be­we­ging moe­nie sterf nie. Maar dit dien Sui­d­A­fri­ka be­ter as dit nie ’n mo­no­li­tie­se lig­gaam met ri­gie­de voor­skrif­te van bo af is nie. Soos ons, moet Moody’s daar­die me­nings­ver­skil­le vier. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.