Ek bid maar oor on­kun­di­ges se ras­se­uit­spra­ke

Beeld - - Kommentaar - I­vor P­ri­ce

As die ko­le nou net lek­ker be­gin af­koel so­dat ons die hoen­der­stuk­kies kan be­gin braai, ui­ter som­mi­ge wit men­se met on­ver­skrok­ke moed die eer­ste van daai se­we woor­de wat ek die mees­te haat. Dit be­gin ge­woon­lik met: “Jy’s so an­ders . . .” An­ders as wie? “An­ders as die an­der K­leur­lin­ge.” Dís die droe­wi­ge Si­ons­ge­sang wat ek min­stens een keer per week ie­wers hoor. Moe­nie ’n fout maak nie: Dis meest­al goeie men­se wat son­der dat hul­le van be­ter weet in die­self­de strik trap.

Langs die vleis­braai­vuur daal daar dan ge­woon­lik ’n on­ge­mak­li­ke stil­te neer – so erg dat van die vroue ver­vaard hul kin­ders gryp en in die bed gaan sit, ter­wyl die man­ne die ne­te­li­ge sa­kie oor iet­sie kouds wil de­bat­teer.

“Hoe be­doel jy an­ders as die an­der K­leur­lin­ge?” vra ek, en be­gin stil­le­tjies ’n ge­bed op­sê wat ek as drie­ja­ri­ge ge­leer het voor­dat ons saans kooi toe is. Ek neem twee sluk­ke ka­ra­te­wa­ter om te kal­meer en bid dan, son­der dat ie­mand ag­ter­kom: “Ek is ’n kind­jie k­lein. Je­sus, maak my hart­jie rein. A­men.”

Dis dan wan­neer die man­ne ef­fe ver­leë be­gin glim­lag, want hul­le wil nie ’n ras­se­storm ver­oor­saak nog voor­dat die vleis klaar ge­braai is nie. En dis ge­woon­lik ook dan wan­neer hul­le, weer eens om­dat hul­le nie van be­ter weet nie, die uit­klop­hou plant en ek reg­tig in sme­king en ge­bed vir kalm­te be­gin pleit.

“Jy praat so mooi A­fri­kaans vir ’n K­leur­ling,” slaan die hoof­braai­er die eer­ste spy­ker in my han­de. Sy vriend sê dan ter ver­de­di­ging: “Waar het jy die taal ge­leer? Jy praat so mooi.”

Nor­maal­weg is dit min of meer waar ek my ter­stond uit die voe­te sou maak, maar ek het oor die ja­re ge­leer dat sul­ke uit­spra­ke nie nood­wen­dig al­tyd uit ras­se­oor­deel spruit nie, maar uit on­kun­de – en wan­neer jy die skul­di­ges daar­oor pak, staan hul­le ne­ge uit die tien ke­re ver­stom oor hul eie on­we­tend­heid.

“Ons praat lank­al nie meer van K­leur­lin­ge nie,” sê ek. “Nee reg­tig, al­bei my ou­ers is A­fri­kaans . . .” stot­ter ek ver­der, en ver­dui­de­lik dit wat eint­lik re­de­lik voor die hand lig­gend is. Al­le bruin men­se praat nie in die­self­de di­a­lek­te nie.

Om­dat daar ’n ste­re­o­ti­pe be­staan dat al­le bruin Ka­pe­naars vroeg in hul le­we hul tan­de uit­trek, is daar ge­reeld vreem­de­lin­ge wat hul­self om­trent nat­maak om tog net te be­paal of ek nog my eie tan­de het. Hier­voor het ek aan­sien­lik min­der ge­duld, want dit is ge­woon­lik ’n vreem­de­ling wat jou voor­keer met ’n strik­vraag. “Jy’t die mooi­ste glim­lag,” sê ’n oor­be­skeie tan­nie een­dag in ’n kle­re­win­kel. En voor­dat ek be­hoor­lik dan­kie kon sê, mik-mik sy haar vin­ger na my mond. “Is dit jou eie tan­de?”

No­de­loos om te sê, ek is teen dié tyd re­de­lik keel­vol ooe die feit dat ek my le­we lank aan vreem­de­lin­ge moet ver­dui­de­lik dat ek waar­dig is om A­fri­kaans te kan praat – en met die groot­ste re­spek ge­sê, dik­wels met ’n aan­sien­lik rui­mer woor­de­skat as som­mi­ge van hul­le wat my taal en uit­spraak so dik­wels vir ’n klein­tjie vat.

Jy praat so mooi A­fri­kaans vir ’n K­leur­ling. Waar het jy die taal ge­leer?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.