On­bil­lik dat húl­le ’n huis kry, an­der nie

Beeld - - Kommentaar - I. Ca­litz, Kemp­ton Park

Gun my die ge­leent­heid om my mis­noeë uit te spreek oor Gift of the Gi­vers se on­der­ne­ming om ’n huis vir Mat­l­ho­mo­la Mos­weu se ou­ers te bou. Wat op aar­de! Lin­di­we Si­su­lu behoort haar te skaam. Hoe­veel men­se word op pla­se ver­moor (ons voed­sel­se­ker­heid vir die toe­koms daar­mee heen) en dan kom die skul­di­ges dik­wels skot­vry daar­van af?

Pla­se, on­der­ne­mings en selfs men­se word ver­brand in op­roer deur die­ge­ne wat nie hul sin kry nie. Dís hoe­kom die land so kor­rup is, want ’n kor­rup­te re­ge­ring kan nie iets doen om dit te stop nie.

Nou won­der ek net wat van die ar­me men­se in Co­li­gny wie se hui­se af­ge­brand is, wat word van hul­le? Moet ge­reg­tig­heid nie eers in die hof ge­skied voor­dat ’n huis vir die men­se ge­bou word nie? Wat is die wa­re sto­rie ag­ter die kind se dood? Maar nee, die boe­re is som­mer net skul­dig be­vind.

Tot­dat die wet teen die be­ska­di­ging van eien­dom en brand­stig­ting kon­se­kwent toe­ge­pas word, gaan din­ge net ver­er­ger, soos tans ge­beur.

Ek hoop van har­te Suid-A­fri­ka­ners gaan nie meer geld in Gift of the Gi­vers se bank­re­ke­ning in­stoot nie.

Lin­di­we Si­su­lu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.