Skaal rug­by, ge­loof in koe­rant af

Beeld - - Kommentaar - Roy Al­len, Ar­ca­dia

’n Ter­ro­ris­te­bom ont­plof in Manchester en eis die le­we van 22 men­se, on­der wie kin­ders, en die be­rig word op bl. 10 in Beeld ge­plaas! Wat pronk op die voor­blad? ’n Om­vat­ten­de be­rig oor die S­pring­bok-span­keu­ses.

In die vo­ri­ge be­de­ling was rug­by die ver­e­ni­gen­de fak­tor on­der wit men­se te mid­de van sport­boi­kot­te, sank­sies en be­to­gings – en dit was reg so. Dees­dae is rug­by meer soos die laas­te bas­ti­on van wit be­voor­reg­ting, met ’n hand­jie­vol bruin men­se by­ge­voeg vir die ver­toon.

Daar is ’n oor­dre­we klem op rug­by en ge­loof in be­rig­te, ar­ti­kels, brie­we en SMS’e. Dit is as­of Beeld skryf vir die sie­le wat nog glo dat die aar­de plat en in se­we dae ge­maak is!

Of is die he­den­daag­se A­fri­ka­ner soort­ge­lyk aan die ge­mid­del­de A­me­ri­ka­ner, wat met oog­klap­pe groot­word en niks weet van wat el­ders in die wê­reld aan­gaan nie?

Beeld is van­dag die A­fri­kaan­se weer­ga­we van die des­tyd­se Rand Dai­ly Mail, dus met uit­ste­ken­de on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek. Maar met ’n oor­do­sis rug­by en ge­loof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.