Tyd om wa­re Cal­vyn te ken

Beeld - - Kommentaar - Hen­nie Pie­ter­se, P­re­to­ria

Ek ver­wys na “Op soek na ’n nu­we Lei­er” (25.05).

Ek lees tans ’n proef­skrif van A­rie Baars, Om Gods ver­he­v­en­heid en Zi­jn na­bi­j­heid. De Drie-een­heid bij Cal­vi­jn. Dit tref my hoe Cal­vyn nooit wou be­spie­gel nie, maar slegs die bood­skap van die By­bel in­ter­pre­teer het. Oor die on­be­gryp­lik­heid van die Drie-een­heid pas hy dit tel­kens toe dat God na ons ge­kom het as Va­der, Seun en die Hei­li­ge Gees om ons ge­na­dig te wees, te ver­ge­we, sy lief­de aan ons te be­toon en ons voe­te op ’n goeie pad te plaas, ons te troos en te ge­nees. Die Or­to­dok­sie het sy leer hard en strak ge­maak. Toe sy vrou ster­wend was, het hy haar met die e­van­ge­lie ge­troos. In een van sy brie­we skryf hy dat hy ’n er­va­ring van Chris­tus ge­had het, so na­by dat hy aan hom kon vat. Dis dalk tyd dat ons die wa­re Cal­vyn leer ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.