Hy en God praat A­fri­kaans

Die A­fri­kaan­se klets­ry­mer He­melBe­sem ver­tel waarom hy sy ou­to­bi­o­gra­fie God praat A­fri­kaans ge­noem het.

Beeld - - Middelblad - He­melBe­sem ty­dens ’n on­der­houd op die Woord­fees vroe­ër van­jaar.

He­melBe­sem (aka Simon Wit­booi) is be­sig om op en af te loop in die tuin van sy huis in die Rand­burg­se voor­stad Fon­tai­ne­bleau.

“Soos ek nou hier loop ter­wyl ek met jou praat, is waar ek my rhythm kry vir skryf en hip-hop,” sê die 35-ja­ri­ge kuns­te­naar.

Ons te­le­fo­nie­se on­der­houd be­gin by die be­te­ke­nis van die naam wat hy vir hom­self ge­kies het: He­melBe­sem.

“Van waar ek nou in my le­we is, be­te­ken dit kop in die wol­ke en voe­te op die aar­de. Kop in die wol­ke: ge­noeg­sa­me gees­te­lik­heid. Voe­te op die aar­de is prak­ties . . . Dis nie my be­skry­wing van wie ék is nie, dis eint­lik maar ’n be­skry­wing van wat ek hoop my ge­hoor – my luis­te­raars en le­sers – is; dat húl­le uit­ein­de­lik in die spie­ël sal kyk en die­self­de sien wat ek hoop om te sien.”

Dan praat ons oor die be­te­ke­nis van die ti­tel God praat A­fri­kaans.

“Ek sou aan­vank­lik ’n al­bum uit­ge­bring het met die­self­de ti­tel so twee of drie jaar te­rug, maar my be­stuur het ge­voel om­dat hip-hop nog ’n re­de­li­ke moei­li­ke gen­re is in die be­dryf, gaan dit moei­lik wees om ’n te­ma-al­bum uit te bring. So al was dit my ne­gen­de al­bum moes ek ’n al­bum uit­bring wat ’n ver­skei­den­heid son­gs op het.

“Ek wil net half sê dat taal eint­lik ’n baie diep sto­rie is. Dit is nie iets wat jy net on­der ’n em­mer kan weg­steek of net in ’n de­bat kan toe­smeer nie of wen of ver­loor nie. Dit is rê­rig ’n diep sto­rie. Dit sny ver­der as die been; dit sny ver­der as vlees, dit is gees­te­lik, dis e­mo­si­o­neel. Met el­ke lie­we ding wat ek al in my le­we ge­doen het, het taal ’n merk ge­los op my, op my we­se. Ek meen ek het ba­klei en as ek ba­klei het en ek het ver­loor dan het daai merk wat saam met dit kom, ge­kom in A­fri­kaans. Mei­sies wat my af­ge­sê het, het vir my af­ge­sê in A­fri­kaans . . . Be­moe­di­gings, pak kry, al daai goed­jies het ge­kom in A­fri­kaans. En dan in my wé­se, wat ek ge­ëg­go het in die heel­al, en wat ek steeds eg­go . . . dit eg­go te­rug en dit skreeu te­rug in die taal wat ek ken, so dis A­fri­kaans.

“So my kon­teks, wat ook al of wie ook al God mag wees of God is vir my, dit kom na my toe in die taal wat ek ken. En as ek praat van A­fri­kaans dan is dit nie nood­wen­dig die ge­stan­daar­di­seer­de i­dee van A­fri­kaans nie, dis A­fri­kaans soos hy op mý tong ge­vorm is en nog steeds aan­hou vorm.”

Hy stel nie be­lang in ’n “eks­klu­sie­we i­dee” van A­fri­kaans nie. “Ek is ook nie ’n voor­stan­der van A­fri­kaaps of Kaap­ri­kaans of w­ha­te­ver nie. Ek glo dit het sy plek en dit is be­lang­rik en daar is ou­ens wat veg vir daai poc­kets, maar ek is ge­bo­re in V­re­den­dal, ek het groot­ge­raak in die Kaap, maar ek het 12 jaar in die Bo­land ge­bly, so mý kre­ool en va­ri­ant dan nou, is to­taal an­ders as Kaaps. Selfs die Kaap is ’n bie­tjie ver­ward in hoe dit oor­kom in taal, want die Bo-Kaap se men­se praat nie nood­wen­dig soos Mit­chells Plain A­fri­kaans nie; praat nie nood­wen­dig soos S­tel­len­bosch A­fri­kaans nie. Wat van die ou­ens in PE? Hul­le het ’n he­le an­der woor­de­skat en ak­sent. Wat van die ou­ens in Ge­or­ge, Na­ma­kwa­land en so aan?

“So ek wil na­mens al­mal praat en sê: ‘Luis­ter, kom ons bou brûe en wees in­klu­sief.’ Net soos Kaap­se va­ri- an­te mis­kien soms kras voor­kom op TV en in die me­dia en nooit as in­tel­li­gent be­skou word of sexy nie, net so is dit dan met Na­ma­kwa­land­se va­ri­an­te ook oor die ma­nier waar­op hul­le die taal be­sig. Sul­ke ou­ens sal jy nooit in ’n erns­ti­ge lig op te­le­vi­sie sien nie en daai be­ïn­vloed hoe men­se praat. So ek is nie eks­klu­sief en voor­skrif­te­lik nie. Ek praat maar net van­uit my eie hoek uit soos wat ek groot­ge­raak het . . . My he­le le­we draai eint­lik om A­fri­kaans, of wat my i­dee is van A­fri­kaans.”

As kind in Kraai­fon­tein het sy pa, Simon Wit­booi sr., ’n erf ge­koop en ge­sê hy gaan vir hul­le ’n dub­bel­ver­die­ping­huis daar bou. Dit het nooit ge­beur nie; hul­le het vir lank in ’n sink­hui­sie ge­woon.

“My pa is my hero, jong. Hy is vir my ’n i­koon en ’n ou waar­na ek rê­rig op­kyk. Kyk, dis die pó­ging; vir my gaan dit al­tyd oor die po­ging – om te pro­beer. My he­le le­we is half ge­fun­deer in die i­dee: Kom ons pro­beer en as dit nie werk nie dan het ons pro­beer, you know. Ek dink ons le­we was ook so dat om­dat ons pro­beer . . . pro­beer sê mos iets van hoop en hoop sê iets van jong, ek glo dit.

“Maar ja, dit was moei­lik. Daar is oom­blik­ke ge­wees waar jy wak­ker skrik en be­sef jy het ver­skrik­lik min­der as ou­ens om jou, of jy’s kou­er of jy’s hon­ger­der – sul­ke goed. Maar die mees­te van die tyd is ons maar war­me men­se en as die koue wê­reld sy hand teen ons pro­beer uit­steek . . . ons het ’n ti­pe van ’n fa­mi­lie­band wat re­de­lik warm is en wat ons warm hou on­der me­kaar.”

In God praat A­fri­kaans skryf hy des­tyds se A­fri­kaan­se mu­siek was nie ver­teen­woor­di­gend van al­mal wat A­fri­kaans ge­praat het nie. Hy meen dit is steeds so.

“Dit is vir my net be­lang­rik om ’n an­der kant van die munt te wys wat mu­siek be­tref. In daai tyd het ek groot­ge­raak met An­ne­li van Rooy­en en van­dag is ek só trots om te sê ek ken vir An­ne­li . . . in fact, ek en my vrou, ons eer­ste dans toe ons ge­trou het, was op ‘Ek wil jou ken’.

“My an­tie Ou­sus het daai pla­te ge­had (van men­se soos An­ne­li, Gé Kor­sten en Bar­ba­ra Ray) en ons het dit ge­luis­ter. En ek het met my kin­der­li­ke ore pro­beer snap waar­oor hier­die he­le bo­haai gaan – hoe­kom men­se daar­van hou. Ek het dit so leer ken en jy raak lief vir dit.

“As ek sê se­ke­re goed was daai tyd ge­mar­gi­na­li­seer, praat ek ook van die jazz en daai ou­ens wat mis­kien blank was of so, maar hul­le goed is ook nie ge­speel nie . . . klank was ge­mar­gi­na­li­seer, gen­re was ge­mar­gi­na­li­seer . . .

“My droom is om se­ker te maak dat A­fri­kaans in al­le gen­res op die te­le­vi­sie ver­skyn, op ra­dio ge­hoor word . . . Jy weet, dít sal ’n groot, groot groep A­fri­kaan­se seuns en dog­ters so ge­wel­dig be­ïn­vloed – soos daai een oom­blik toe ek die eer­ste keer Bras­se Van­nie Kaap oor die ra­dio hoor speel het vir my be­ïn­vloed het – om kre­a­tief te wees in hul­le taal soos húl­le dit ken en hul­le ak­sent wat hul­le ge­bruik en in hul­le woord­keu­ses.

“Ek het eers la­ter be­gin skryf in A­fri­kaans. Ek dink die eer­ste song wat ek kom­mer­si­eel ge­doen het, was ’n song oor fe­ta­le al­ko­hol­sin­droom, want dáár het ek ge­leer: As jy ge­meen­skap­pe wil raak met jou werk, moet jy in hul­le taal praat.

“My En­gels was ’n bie­tjie te diep en te me­ta­fo­ries en om straig­ht te praat met die men­se in die ge­meen­skap waar ek van­daan kom, moes jy praat in hul­le slang ook. So ek het dit al­les ge­bruik en ek het die ef­fek­ti­wi­teit daar­van ge­sien. Daar­van­daan af het ek be­sluit nee, ons gaan aan met A­fri­kaans.”

Voor­dat He­melBe­sem ’n klets­ry­mer ge­word het, was hy ’n pas­toor.

“Dis ’n fa­se in my le­we wat ek vir niks sal ver­ruil nie. Die i­dee van hoop en ge­loof, dis kwa­li­tei­te wat men­se pro­beer weg­re­de­neer en te we­ten­skap­lik pro­beer uit­fi­gu­re, maar vir my as ’n mens het dit soos ’n paal bo wa­ter ver­by ken­nis ge­skiet en ob­ser­va­sies en goed. Ek waar­deer die i­dee van hoop. Dit vorm vir my as ’n mens. Daar­so tus­sen daai, wat baie men­se nou sal sê ig­no­rant men­se wat nie veel ken­nis het nie, wat raas en skel en han­de klap en dans dat die sweet tap . . . ek het dit daar kom kry, jy sien. Ek het die blyd­skap daar kom kry en waar­deer en ook die hart­seer daar raak­ge­sien . . .

“So ek het aan­ge­kar­ring en ek dink dit het maar oor­ge­vloei tot waar ek van­dag ook . . . ek het hon­der­de seuns en dog­ters wat al­tyd met my kon­tak maak en met wie ek gesels. Deur men­se saam met wie ek werk, soos die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch se pro­jek Woor­de O­pen Wê­rel­de as­ook die ATKV-C­res­cen­do, werk ons in­ten­sief met op­ko­men­de kuns­te­naars wat uit moei­li­ke om­stan­dig­he­de kom, baie keer. So in ’n ma­te gaan dit nog aan; dis goed wat ’n man vorm.”

Ter­wyl He­melBe­sem in Wor­ces­ter ge­woon het en werk­loos was, het hy be­dags deur die dorp gaan stap.

“Ek het ge­loop en as ek iets sien waar­van ek hou, soos ’n kar, dan het ek daar gaan staan en die kar gaan uit­check en men­se ge­vra oor die kar. Ek het pro­beer om kno­w­led­ge te bou oor die al­ge­meen ter­wyl ek nou nie werk het of stu­deer nie. Toe ont­dek ek ’n win­kel met die naam Dumo-X (ver­ko­pers van gees­te­li­ke lek­tuur) en dit is waar die staff my half aan­ge­neem het as ’n seun van die win­kel. Ek het om­trent ’n jaar lank in die og­gend by hul­le in­ge­call en dan weer saam met hul­le huis toe ge­gaan. So ek het al die boe­ke daar­bin­ne ge­lees en al wat ’n CD is, ge­luis­ter en ge­skryf en ge­stu­deer daar bo in so ’n k­lein ka­mer­tjie.”

Só het hy die ken­nis op­ge­doen wat die ba­sis ge­vorm het van sy la­te­re werk as pas­toor.

Hy be­skryf hom­self as ’n “suc­ker vir pyn en hart­seer”. Wan­neer hy dít er­vaar, is hy op sy kre­a­tief­ste.

“’n Mens sit en dink mos maar as goed skeef­loop. Pyn en blu­es be­weeg my as ’n mens baie mak­lik. Ek is ver­sot op ko­me­die en hu­mor en goed, maar ek dink daar is iets om­trent hart­seer . . . die cha­os, wat kre­a­ti­wi­teit ont­sluit. ’n Mens is so óóp, want jy moet gaan soek en jy moet sin maak van goe­ters. En net daai woord sin, om sín te maak skep jy nu­we woor­de en sin­ne . . . En dan kom jy met die mooi­ste goed­jies en die kre­a­tief­ste sê­goed en i­di­o­me en uit­druk­kings na vo­re; en baie van dié goed is eint­lik hart­seer.”

Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.