Boek laat jou in­tro­spek­sie doen

Ers­ki­ne put uit er­va­ring van boe­lies ‘Grap is net ’n grap as al­bei lag’

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man Vlerke vir al­mal het by Hu­man & Rous­seau ver­skyn.

Ag­terin sy jong­ste jeug­boek, Vlerke vir al­mal, be­dank Ma­ri­on Ers­ki­ne ál die boe­lies uit sy ver­le­de.

Boe­lies wat hy as vol­was­se mens die een ná die an­der op Fa­ce­book ge­kon­tak het. Elk­een van hul­le het vir hom jam­mer ge­sê.

Sy boek, wat ook as to­neel­stuk op 2018 se US Woord­fees de­bu­teer, raak te­mas aan soos ku­ber­boe­lies en self­moord on­der tie­ners. Dis ’n boek waar­voor hy uit sy er­va­ring ge­put het, maar ook baie na­vor­sing moes doen.

“Ek het tot am­per by die laas­te hoof­stuk ge­vor­der en toe suk­kel ek om ver­der te skryf. Ek het be­sef ek kan nie vir tie­ners raad gee as ek nie self my eie ver­le­de kon­fron­teer nie. Dit sou van my ’n hui­ge­laar maak. Jy be­weeg aan, die won­de gaan toe, maar ek moes daar­mee de­al. Ek het op Fa­ce­book ál my boe­lies op­ge­spoor.”

Hy het kort­liks aan hul­le ge­skryf oor sy om­stan­dig­he­de des­tyds toe hul­le hom ge­boe­lie het.

“Ek het ge­skryf: ‘Ek wil net vir jou sê dít het ge­beur ter­wyl jy my ge­boe­lie het, ter­wyl jy my ge­skop het. My pa het toe aan kan­ker ge­ly. Weet jy hier­die din­ge het met my fa­mi­lie ge­beur?’ ”

Een vir een het hier­die men­se te­rug­ge­skryf en elk­een het ge­sê hul­le is jam­mer. Tóé eers kon hy die boek klaar skryf.

Hy moes ook baie na­vor­sing oor self­moord doen. “On­ge­veer ne­ge uit tien men­se is in ’n ge­wel­di­ge dwaal wan­neer hul­le hul eie le­we neem. Daar is mis­kien wel ie­mand wat hul­le kan on­der- steun, maar hul­le dink nie aan op­los­sings nie, hul­le wil net van die pyn ont­slae raak.”

Ers­ki­ne be­lig ook ver­skil­len­de as­pek­te van boe­lies.

“Ek het dit met die ver­skil­len­de ka­rak­ters pro­beer reg­kry. My ma het ge­sê ’n grap is net ’n grap as al­bei men­se lag. Ek het al­tyd ge­weet ek wil hier­die een spe­si­fie­ke ka­rak­ter hê. Ek het ge­weet sy moet dood­gaan en dat sy ge­boe­lie gaan word.”

Dit kom heel­wat la­ter in die boek uit dat sy gay is.

“Dit is iets om­trent die ka­rak­ter wat net ’n drup­pel in die em­mer is van wat haar mens­wees be­tref.”

Ers­ki­ne het dit juis só ver­tel dat ’n mens haar eers goed leer ken voor­dat hier­die ont­dek­king deur die le­ser ge­maak word.

’n An­der ka­rak­ter is ’n groot skool­boe­lie, maar dis nie be­kend wat haar om­stan­dig­he­de is nie.

A­man­da Todd, ’n Ka­na­de­se tie­ner, het in 2012 haar eie le­we ge­neem na­dat sy op ’n YouTu­be-vi­deo haar ver­haal as slag­of­fer van boe­lies ver­tel het. Ers­ki­ne het haar vi­deo in 2014 ge­sien en dit het hom in tra­ne ge­had.

“Hier­die per­soon het nie­mand ge­had nie. Ek het van die be­gin af be­sluit om die boek aan haar op te dra. Toe gaan sit ek een­dag met ’n pa­pier voor my en ek be­sluit ek gaan ’n boek teen boe­lie­ge­drag skryf. A­man­da se naam was van die be­gin af daar.

“Toe ek die boek be­gin skryf, toe vloei dit. Dit was soos ’n re­le­a­se. Am­per as­of my hart ge­sê het jy moet dit doen. Ek het ge­weet ek kan nie ver­an­der wat met A­man­da ge­beur het nie, maar dalk kan ’n mens ie­mand an­ders help.”

Die ti­tel van die boek was ’n voor­stel deur die skry­wer Fa­nie Vil­joen. Ers­ki­ne het dit as werk­ti­tel ge­bruik en toe hou die uit­ge­wer ook daar­van.

“Fa­nie het dit 100% raak­ge­vat, want dis pre­sies waar­oor die boek gaan. Men­se sê al­mal hul­le het in­tro­spek­sie ge­doen met die lees daar­van. ’n Klomp men­se sê die erg­ste van al­les was dat ter­wyl hul­le dit ge­lees het, hul­le hul­self af­ge­vra het of hul­le ie­mand te na ge­kom het.” )

Ma­ri­on Ers­ki­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.