2 lig­har­ti­ge o­pe­ras o­pen Tin To­wn

Beeld - - Kuns & Vermaak - El­re­tha B­ritz

Twee o­pe­ras van die I­ta­li­aan­se mees­ter Ga­e­ta­no Do­ni­zet­ti lui in Ju­nie Gau­teng O­pe­ra (GO) se nu­we Tin To­wn-te­a­ter in Fer­rei­ras­dorp in Jo­han­nes­burg in.

Dit is ter­self­der­tyd ’n hul­de­blyk aan Do­ni­zet­ti, wie se na­la­ten­skap van die wê­reld se be­kend­ste o­pe­ras soos Lu­cia di Lam­mer­moor, L’e­li­sir d’a­mo­re en Ma­ria S­tu­ar­da in­sluit.

Die o­pe­ras wat GO gaan op­voer, is eg­ter nie een van dié be­ken­des nie – dit is die lig­har­ti­ge een­be­dryf Ri­ta en die twee­de be­dryf van Don Pasqua­le, e­wen­eens ’n ko­mie­se ver­haal.

Mar­cus De­san­do, uit­voe­ren­de hoof van GO, hou die di­ri­geer­stok­kie vir die san­gers en Andrew Dun­can sal hul­le op die kla­vier be­ge­lei.

Ri­ta, ’n so­ge­naam­de huis­hou­de­li­ke ko­me­die, be­staan uit agt a­ri­as met di­a­loog tus­sen­in. Die ver­haal gaan oor Ri­ta, ’n ti­ran van ’n vrou wat haar be­dees­de man, Pep­pe, al sy dae gee.

Op ’n dag daag haar eer­ste man, Gas­par, daar op.

Hy het in Ka­na­da skui­ling gaan soek na­dat hy uit Ri­ta se kloue ont­snap het en keer nou te­rug om­dat hy ver­neem het Ri­ta is dood en hy haar dood­ser­ti­fi­kaat no­dig het om weer te trou.

Pep­pe be­skou Gas­par se teen­woor­dig­heid as sy kans om pad te gee. Die twee be­sluit op ’n kom­pe­ti­sie met Ri­ta as “prys” vir die wen­ner.

Don Pasqua­le, ’n ko­mie­se o­pe­ra en een van die hoog­te­pun­te van die o­pe­ra buf­fa-gen­re, is, ti­pies van 19de-eeu­se o­pe­ras, ’n Ba­bel­se ver­war­ring van vals i­den­ti­tei­te, on­der­krui­pe­ry en ver­raad.

In dié ge­val byt Don Pasqua­le die on­der­spit af wan­neer hy op aan­drang van sy “vriend” sy he­le boe­del aan sy aan­staan­de, Sof­ro­nia, be­maak.

Toe die do­ku­ment on­der­te­ken is, ver­an­der Sof­ro­nia van ’n on­der­da­ni­ge vrou in ’n gei­tjie wat Don Pasqua­le se om­hel­sing wei­er en hom eers ma­nie­re wil leer.

Dit ter­wyl Er­nes­to, op wie sy ’n o­gie het, haar ver­ge­sel. ) Dié pro­duk­sie, ge­ti­teld Fa­mi­ly Mat­ters, word op 8 Ju­nie om 18:00, 9 Ju­nie om 19:00 en 10 Ju­nie om 16:00 in die Tin To­wn­te­a­ter op­ge­voer. On­be­spreek­te plek­ke kos R100 en leer­lin­ge en pen­si­oen­trek­kers kry 15% af­slag. Be­spreek by 011 067 8000 of in­fo@gau­teng­o­pe­ra.org.

Mar­cus De­san­do

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.