Pier­neef­mees­ter­stuk kan mil­joe­ne haal

Beeld - - Kuns & Vermaak - La­e­ti­tia Pop­le

’n Dra­ma­tie­se, im­po­san­te o­lie­verf­skil­de­ry uit ’n “mees­ter­li­ke” pe­ri­o­de uit die kuns­te­naar Ja­cob Hen­drik Pier­neef (1886-1957) se loop­baan kom op 5 Ju­nie by die Wan­de­rers­klub in Il­lo­vo, Jo­han­nes­burg, on­der die ha­mer.

Die plaas Jon­kers­hoek met twee pie­ke daar­ag­ter, S­tel­len­bosch, 73,5 cm x 100,5 cm groot, is in 1927 ge­skil­der en kan na ver­wag­ting tus­sen R6 mil­joen en R8 mil­joen haal.

’n Ou plaas­op­stal, ge­raam deur don­ker boom­stam­me, met die pie­ke in hel­der­pienk op die ag­ter­grond, word uit­ge­beeld.

Die berg het die ge­o­me­trie­se vorm wat Pier­neef se werk in hier­die tyd­perk ge­ken­merk het.

’n O­lie­land­skap van dié mees­ter met die ti­tel Uit­ge­brei­de land­skap, noor­de­li­ke Dra­kens­berg, 75 cm x 90 cm, kom on­der die ha­mer vir tus­sen R3 mil­joen en R5 mil­joen.

Pier­neef se lief­de vir wol­ke, en mees­ter­li­ke uit­beel­ding daar­van, word ver­toon in die o­lie­verf­skil- de­ry S­torm oor die La­e­veld (1942) wat vir tus­sen R500 000 en R700 000 op­ge­veil gaan word.

Li­nos­neë, et­se en ’n wa­ter­verf­werk van Pier­neef kom ook on­der die ha­mer.

Ir­ma S­tern (1894-1966) se o­lie­verf­por­tret Ma­lay Wo­man (1954) gaan vir tus­sen R3 mil­joen en R4 mil­joen op­ge­veil word.

’n Hout­skool­werk op pa­pier uit Wil­li­am Ken­trid­ge se reeks In­du­stry and Id­le­ness, ge­ti­teld Un­tit­led Dra­wing To­wards Re­spon­si­ble He­do­nism (1988, 97 cm x 111,5 cm) kom vir tus­sen R3,5 mil- joen en R5 mil­joen on­der die ha­mer.

Sy Dan­cing Cou­ple, ’n skets in hout­skool, pas­tel en gou­dink, ge­te­ken in 1989, groot­te 160 cm x 105 cm, word vir tus­sen R1,5 mil­joen en R2 mil­joen op­ge­veil.

’n Por­te­feul­je van 41 di­gi­ta­le fo­to­gra­fie­se af­druk­ke met teks deur die fo­to­graaf G­reg Ma­ri­no­vich (1962-) ge­ti­teld De­ad Zo­ne kom vir tus­sen R250 000 en R350 000 on­der die ha­mer. Dit is ge­neem in die op­koms van die ver­kie­sing in 1994.

El­ke fo­to is ge­te­ken en in pot- lood ge­nom­mer met on­der­skeie ti­tels.

’n Beeld­hou­werk van Mi­cha­el Ma­cGar­ry (1978-), AK-47, ’n werk­li­ke aan­vals­ge­weer waar­op ge­roes­te spy­kers aan­ge­bring is, se ver­wag­te vei­ling­prys is tus­sen R60 000 en R90 000.

Ver­skeie kuns­wer­ke wat deel uit­ge­maak het van AJ T­heron (1901-1983), eer­tyd­se skool­hoof van die Help­me­kaar Kol­le­ge in Jo­han­nes­burg, se uit­ge­brei­de kuns­ver­sa­me­ling, kom op die vei­ling aan bod.

Navrae: Ska­kel 011 728 8246.

Die plaas Jon­kers­hoek met twee pie­ke daar­ag­ter, S­tel­len­bosch, 73,5 cm x 100,5 cm, is in 1927 deur Ja­cob Hen­drik Pier­neef ge­skil­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.