Fa­ce­book, die nu­we Netflix?

Beeld - - Sake -

Bin­ne­kort sal jy “TV­pro­gram­me” op Fa­ce­book kan kyk.

Fa­ce­book span saam met ver­maak­lik­heid­ en nuus­web­wer­we, soos Vox Me­dia en Buz­zFeed, om pro­gram­me te maak vir Fa­ce­book se ko­men­de vi­de­o­diens.

Die vi­deo’s sal lang en kort for­ma­te hê en ad­ver­ten­sie­on­der­bre­kings be­vat, sê ver­skeie bron­ne met ken­nis van die saak.

Fa­ce­book be­plan twee soor­te vi­de­o­ver­maak: pro­gram­me met ’n vol­waar­di­ge draai­boek wat tus­sen 20 en 30 mi­nu­te sal duur en wat Fa­ce­book sal be­sit; en kor­ter pro­gram­me, met draai­boe­ke en daar­son­der, wat tus­sen 5 en 10 mi­nu­te sal duur en wat Fa­ce­book nié sal be­sit nie, sê die bron­ne.

Die stra­te­gie om oor­spronk­li­ke in­houd te kry en te li­sen­si­eer is deel van die maat­skap­py se plan­ne om meer ad­ver­ten­sie­geld te lok. Dit be­te­ken hy gaan reg­streeks mee­ding met Alp­ha­bet (moe­der­maat­skap­py van Google) se YouTu­be Red, S­nap­chat se Dis­co­ver en tra­di­si­o­ne­le TV­net­wer­ke.

Mark Zuc­ker­berg, uit­voe­ren­de hoof, het vroe­ër van­dees­maand aan be­leg­gers ge­sê Fa­ce­book wil so­ge­naam­de “an­ker­in­houd” hê wat men­se sal lok na die vi­de­o­af­de­ling op Fa­ce­book.

Fa­ce­book gaan glo so­veel as $250 000 per pro­gram be­taal vir die lan­ger weer­ga­wes met draai­boe­ke. Vir die kor­ter pro­gram­me sal Fa­ce­book tus­sen $10 000 en $15 000 be­taal en die skep­pers daar­van 55% van die in­kom­ste uit ad­ver­ten­sies gee, sê die bron­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.