Po­li­tiek knou Mas­smart

Beeld - - Sake -

Mas­smart, wat Ma­kro en Ga­me be­sit, sê die “ne­ga­tie­we e­ko­no­mie­se im­pak van die po­li­tie­ke ge­beu­re” ein­de Maart en A­pril het sy verkope be­na­deel.

Guy Ha­y­ward, uit­voe­ren­de hoof, het gis­ter op die klein­han­del­groep se jaar­ver­ga­de­ring ge­sê dit lyk of ’n af­na­me in verkope sterk ver­band hou met die swak ver­brui­kers­ver­troue en die e­ko­no­mie.

Die verkope in die eer­ste 21 we­ke van ein­de De­sem­ber tot mid­del Mei was te­leur­stel­lend.

Mas­smart het in sy jaar­ver­slag, wat ein­de Fe­bru­a­rie uit­ge­reik is, nog die hoop ge­koes­ter dat die e­ko­no­mie te­kens van ver­be­te­ring toon. Dit is wel “weg­ge­was” deur die ne­ga­tie­we e­ko­no­mie­se im­pak van die on­lang­se po­li­tie­ke ge­beu­re wat tot twee af­gra­de­rings van die land se kre­diet­sta­tus ge­lei het.

Vir die eer­ste 21 we­ke het to­ta­le verkope met net 0,3% ge­groei en in die winkels wat ver­le­de jaar ook oop was, het verkope 1,9% ge­daal.

Die verkope in sy af­de­ling wat Ga­me in­sluit, het met 1,3% ge­daal en in ver­ge­lyk­ba­re winkels met 3,3%.

In sy af­de­ling wat Ma­kro in­sluit, het verkope met 3,9% toe­ge­neem en in ver­ge­lyk­ba­re winkels met 0,7%.

As prys­sty­gings in ag ge­neem word, het die ge­tal pro­duk­te wat ver­koop is, af­ge­neem.

In sy af­de­ling wat Buil­ders Wa­re­hou­se in­sluit, het verkope nie ge­groei nie en in ver­ge­lyk­ba­re winkels met 0,1% ge­daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.