Im­pak van uit­ver­ko­pings

Beeld - - Sake -

Die im­pak van die reu­seE­d­con­win­kel­groep se uit­ver­ko­pings kon die af­ge­lo­pe jaar op die verkope van The Foschi­ni Group (TFG) se Suid­A­fri­kaan­se winkels ge­sien word.

Sy verkope van skoon­heids­mid­dels het in die­self­de winkels as ’n jaar ge­le­de geen groei ge­toon nie.

An­tho­ny T­hun­s­tröm, fi­nan­si­ë­le hoof van TFG, skryf dit toe aan die reu­se­winsko­pies wat Red S­qua­re van E­d­con aan­ge­bied het en die pro­ble­me by S­tut­ta­fords.

E­d­con en S­tut­ta­fords is af­de­lings­win­kels en suk­kel die laas­te paar jaar.

Vol­gens T­hun­s­tröm toon die verkope van sy huis­wa­re en meu­bels spe­si­fiek die im­pak van “mas­sie­we wins­ko­pies” deur Bo­ard­mans van E­d­con.

In ge­heel het die groep ’n “be­vre­di­gen­de” ver­to­ning ge­le­wer.

Sy om­set uit klein­han­del het met 11,6% ge­styg, sy oor­se­se winkels in­ge­sluit.

In A­fri­ka het sy winkels se verkope met 8% ge­styg. In winkels wat die vo­ri­ge jaar oop was, het verkope met 2,8% ge­styg, wat be­te­ken as prys­sty­gings in ag ge­neem word, het men­se min­der pro­duk­te ge­koop as in die vo­ri­ge jaar.

TFG se be­dryfs­wins voor ver­kry­gings en fi­nan­sie­rings­kos­te het met 6% tot R3,8 mil­jard ge­styg.

Ook dié groep waar­sku oor die po­li­tie­ke en e­ko­no­mie­se on­se­ker­heid wat voort­duur en die voor­uit­sig plaas­lik en in­ter­na­si­o­naal ver­troe­bel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.