Is vreug­de­vu­re oor vleis­pry­se te gou aan­ge­steek?

Beeld - - Sake Nuus - Han­lie S­tad­ler

Woens­dag het ver­brui­kers ’n sil­wer rand­jie ge­sien, maar gis­ter was daar steeds te­kens van ’n don­ker wol­kie wat kos­pry­se be­tref.

Vol­gens Sta­tis­tie­ke Sui­d­A­fri­ka (SSA) se pro­du­sen­te­prys­in­deks (PPI) is daar steeds skerp sty­gings in ver­al vleis­pry­se op die ho­ri­son.

Die PPI meet die prys van pro­duk­te soos dit die plaas, mark of fa­briek ver­laat en word in die al­ge­meen be­skou as ’n voor­lo­per tot ver­brui­kers­prys­in­fla­sie (VPI), dus met hoe­veel ver­brui­kers se kos- en diens­te­re­ke­ning duur­der word.

Twee van die PPI’s wat SSA meet – vir fi­naal ver­vaar­dig­de goe­de­re en land­bou­pro­duk­te – wys dat vleis­pry­se dalk in Mei steeds skerp ge­styg het.

Dít na­dat die VPI se da­ling tot 5,3%, en ver­al die da­ling van vleis­prys­in­fla­sie tot 10,5%, vir ont­le­ders daar­op ge­dui het dat die erg­ste prys­sty­gings dalk ver­by is. (Daar is geen hoop ge­skep dat vleis­pry­se sal daal nie, net dat sty­gings bin­ne­kort nie meer in dub­bel­sy­fers sal wees nie.)

Die PPI-sta­tis­tie­ke het da­rem ook goeie nuus. Die sty­ging in groot­han­del­pry­se was in A­pril die eer­ste keer se­dert De­sem­ber 2015 min­der as 5%.

Die PPI vir fi­naal ver­vaar­dig­de goe­de­re was in dié maand net 4,6%. Dit is die sty­ging van fa­brieks­pry­se oor die loop van ’n jaar. In Maart was die koers 5,2% en in Fe­bru­a­rie 5,6% en vir die vol­le 2016 was dit 7%.

Die PPI sy­fer uit­ein­de­lik ook deur na die in­fla­sie­koers wat ver­brui­kers in winkels be­taal. SSA het Woens­dag be­kend ge­maak dat ver­brui­kers­pry­se in A­pril met ge­mid­deld 5,3% ge­styg het, ’n koers wat die mees­te ont­le­ders aan­ge­naam ver­ras het.

Tus­sen Maart en A­pril het die PPI met net 0,3% ge­styg.

Die groot­ste by­drae tot die jaar­koers word steeds deur kos, drink­goed en ta­bak ge­le­wer, maar selfs dié pro­duk­te was net 4,6% duur­der as ’n jaar ge­le­de. Dit het 2,1 per­sen­ta­sie­pun­te tot die jaar­sty­ging by­ge­dra.

Ver­werk­te vleis­pro­duk­te is 13,7% duur­der as ’n jaar ge­le­de. Dit is ’n ho­ër jaar­tot-jaar-sty­ging as in Maart (12%), een van die re­des om be­kom­merd te wees oor vleis­pry­se. Ver­werk­te groen­te en vrug­te het die fa­briek in A­pril teen 10% duur­der ver­laat as ’n jaar ge­le­de – wat ook niks goed vir ver­brui­kers in­hou nie.

Daar is steeds skerp sty­gings in ver­al vleis­pry­se op die ho­ri­son. — STA­TIS­TIE­KE SUID­A­FRI­KA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.