Ser­ge Be­la­mant loop vroe­ër by Net1 UEPS

Beeld - - Sake Nuus - – Fran­cois Wil­li­ams

Ser­ge Be­la­mant, om­stre­de uit­voe­ren­de hoof van die teg­no­lo­gie­maat­skap­py Net1 UEPS, het be­sluit om die hand­doek in te gooi en tree ein­de Mei af, het die maat­skap­py wat ver­ant­woor­de­lik is vir die uit­be­ta­ling van mil­joe­ne Suid­A­fri­ka­ners se wel­syn­toe­lae aan­ge­kon­dig.

Be­la­mant word op­ge­volg deur Her­man Kot­zé, fi­nan­si­ë­le hoof van die maat­skap­py.

Be­la­mant het Net1 UEPS ge­stig en sou vol­gen­de jaar op 65 af­tree.

Vol­gens die maat­skap­py het hy be­sluit om vroe­ër te loop om ver­an­de­rings aan die maat­skap­py se be­dryfs­ en be­stuur­struk­tu­re te ver­ge­mak­lik, as­ook in die lig van die “sie­nings van se­ke­re van die maat­skap­py se aan­deel­hou­ers”.

Dit is ’n ver­skuil­de ver­wy­sing na kri­tiek van die ba­te­be­stuurs­groep Allan Gray, een van die groot aan­deel­hou­ers in Net1 UEPS, oor Be­la­mant se han­te­ring van die de­ba­kel oor die kon­trak van sy fi­li­aal Cash Pay­mas­ters om die re­ge­ring se wel­syn­toe­lae na­mens die Suid­A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) uit te be­taal.

Allan Gray het vroe­ër erns­ti­ge vrae ge­vra oor die in­te­gri­teit van die di­rek­sie en be­stuur van Net1 UEPS, en sy kom­mer uit­ge­spreek oor be­we­rings dat die maat­skap­py die in­lig­ting van toe­lae­ont­van­gers on­be­hoor­lik ge­bruik om an­der diens­te aan hul­le te ver­kwan­sel.

Be­la­mant het in­ge­stem om vir twee jaar steeds kon­sul­ta­sie­diens­te aan Net1 UEPS te le­wer.

Ser­ge Be­la­mant

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.