Wer­kers eis tot 16% meer by Kum­ba

Beeld - - Sake Nuus - El­vi­ra Wood en Reu­ters

Die Na­ti­o­nal U­ni­on of Mi­ne­wor­kers (NUM) sê hy wil van­jaar ’n loon­ver­ho­ging van tus­sen 12,5% en 16% vir sy wer­kers by Kum­ba Iron Ore hê.

Dit is aan­sien­lik ho­ër as in­fla­sie. Sta­tis­tie­ke Sui­d­A­fri­ka het Woens­dag ge­sê in­fla­sie het in A­pril tot 5,3% ge­val, die laag­ste vlak in 16 maan­de.

Die vak­bond sê in ’n ver­kla­ring hy is reg om met loon­on­der­han­de­lings te be­gin aan­ge­sien sy hui­di­ge drie­jaar­oor­een­koms op 30 Ju­nie tot ’n ein­de kom.

Die NUM ver­teen­woor­dig die mees­te van Kum­ba se werk­ne­mers in die Noord-Kaap.

“Ons sal die loon­on­der­han­de­lings met ’n oop ge­moed be­na­der en die pres­ta­sie van die maat­skap­py, aan­deel­prys en in­fla­sie in ge­dag­te hou,” het Lu­cas P­hi­ri, NUM se hoof­on­der­han­de­laar by Kum­ba, ge­sê.

“Ons weet die prys van brood is die­self­de vir die ry­kes en die ar­mes. Ons sien uit na een van die in­te­res­sant­ste en mees ob­jek­tie­we loon­on­der­han­de­lings­pro­ses­se,” sê hy in die ver­kla­ring.

Kum­ba het vroe­ër in Mei ge­sê hy ver­wag sy ver­dien­ste en we­sens­ver­dien­ste vir die half­jaar tot ein­de Ju­nie gaan min­stens R602 mil­joen of 20% ho­ër wees.

Dit is dank­sy die ho­ër pry­se vir ys­ter­erts wat uit­ge­voer word.

Ang­lo het in Fe­bru­a­rie 2016 ’n dras­tie­se plan be­kend ge­maak om van meer as die helf­te van sy my­ne ont­slae te raak. Die maat­skap­py het ge­sê hy wil van Kum­ba ont­slae raak as deel van die gro­ter plan om hom aan ys­ter­erts en steen­kool te ont­trek.

Hy het se­dert­dien ge­sê hoe­wel hy steeds nie sy oor­hoof­se plan­ne ver­an­der het nie, is hy nie on­der druk om vin­nig van sy ba­tes ont­slae te raak nie. Hy hou Kum­ba vir eers as deel van sy por­te­feul­je.

Kum­ba het gis­ter by­kans 3% la­er teen R154,35 op die JSE ver­han­del.

Fo­to: VER­SKAF

Kum­ba Iron Ore se Sis­hen­ys­ter­ert­s­myn in die Noord­Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.