Vei­ling dek de­ka­de van ver­an­de­ring

I­ko­nie­se wer­ke uit die 1990’s on­der die ha­mer

Beeld - - Veilings -

S­trauss & Co se ko­men­de kuns­vei­ling in Jo­han­nes­burg sluit in ’n ver­skei­den­heid be­lang­ri­ke wer­ke van Sui­d­A­fri­kaan­se kuns­te­naars, as­ook i­ko­nie­se wer­ke van die 1990’s.

Dié tyd­perk was nie net ge­ken­merk deur po­li­tie­ke en kul­tu­re­le her­nu­wing in die land nie, maar dit was ook ’n tyd van ’n merk­ba­re ver­an­de­ring in die kuns­mark, sê die vei­lings­huis.

Ná sy be­soek aan die Jo­han­nes­burg Bi­ën­na­le in 1995 het die rock-i­koon Da­vid Bo­wie die tyd­perk as ’n tyd van “pu­re exhi­la- ra­ti­on” in ’n Lon­den­se tyd­skrif be­stem­pel. Bo­wie het Wil­li­am Ken­trid­ge se by­drae, saam met die Deen­se kuns­te­naar Do­ris Bloom, as die “whi­te-he­at high point” van die be­soek be­skryf.

Ken­trid­ge se wer­ke is goed ver­teen­woor­dig in die 1990’s-ver­sa­me­ling van S­trauss & Co se vei­ling. On­der die noe­mens­waar­di­ge wer­ke tel twee hout­skool­te­ke­nin­ge wat Ken­trid­ge ge­doen het vir ’n 1994-mu­siek­vi­deo van die pop­groep Man­go Groo­ve. Die twee wer­ke gaan na ver­wag­ting vir tus­sen R1,8 mil­joen en R2,5 mil­joen op die vei­ling ver­koop.

Die groep se lied­jie “A­not­her Coun­try” is in 1993 uit­ge­reik en ge­denk die tra­gie­se ge­beu­re rond­om die Boi­pa­tong-bloed­bad in 1992. Die werk van die in­ter­na­si­o­naal er­ken­de fo­to­joer­na­lis G­reg Ma­ri­no­vich, wat die bloed­bad eer­ste­hands er­vaar het, is ook in die 1990’s-ver­sa­me­ling.

’n Spe­si­a­le por­te­feul­je van 41 Ma­ri­no­vich-fo­to’s wat tus­sen 1990 en 1999 ge­neem is met die ti­tel De­ad Zo­ne, het ’n voor­vei­lings­be­ra­ming van tus­sen R250 000 en R350 000.

Die vei­ling word op 5 Ju­nie by The Wan­de­rers Club ge­hou. Vir navrae of die ka­ta­lo­gus­se, ska­kel 011 728 8246 of be­soek www.strauss­art.co.za.

On­der die noe­mens­waar­di­ge wer­ke tel twee hout­skool­te­ke­nin­ge van Ken­trid­ge.

Een van Wil­li­am Ken­trid­ge se hout­skool­sket­se wat op 5 Ju­nie deur S­trauss & Co op­ge­veil gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.