S­kat­te vir ver­sa­me­laar

Beeld - - Veilings -

Ver­sa­me­laars op die uit­kyk vir daar­die spe­si­a­le ar­ti­kel, moet nie Dun­nes A­fri­ca Aucti­o­neers se vei­ling van an­tiek­wa­re en ver­sa­me­laars­ar­ti­kels die ko­men­de na­week mis­loop nie.

Dié vei­ling word op 27 Mei om 10:00 by Ma­ri­a­straat 76, Fon­tai­ne­bleau, ge­hou. Vol­gens dié af­sla­er is die vei­ling­ka­mers prop­vol ver­sa­mel­skat­te. Die ar­ti­kels kan op Vry­dag 26 Mei van 09:00 tot 16:00 be­sig­tig word.

Ou­der­ge­woon­te gaan die ju­we­liers­wa­re eer­ste op­ge­veil word, ge­volg deur die ver­sa­me­laars­ar­ti­kels, die skil­de­rye en meu­bels. Die ju­we­liers­wa­re sluit in ’n ver­skei­den­heid klas­sie­ke rin­ge in goud en sil­wer, arm­ban­de, hals­snoe­re en ’n ver­sa­me­ling hor­lo­sies.

On­der die ver­sa­mel­ar­ti­kels tel klas­sie­ke goe­de­re wat ge­skik is vir ’n “man ca­ve”, on­der meer ’n Pye-ra­dio, ’n De­non-draai­ta­fel en ’n Ko­dak Ko­das­co­pe-pro­jek­tor.

Aan die kuns­front is daar wer­ke van Suid-A­fri­kaan­se, so­wel as in­ter­na­si­o­na­le kuns­te­naars, on­der an­de­re B­ri­an S­cott Da­w­kins, Frans Cla­er­hout en Pe­ter Bo­tha.

Daar is ook ver­skeie an­tie­ke, kon­tem­po­rê­re en re­tro­meu­bels om van te kies.

In­lig­ting by die af­sla­er Paul Brown by 082 565 8899.

Dié staan­hor­lo­sie word die ko­men­de na­week deur Dun­nes A­fri­ca Aucti­o­neers op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.