Bie­ërs op vei­lings klik al hoe meer

Beeld - - Veilings -

Aan­lyn vi­de­o­vei­lings is be­sig om sterk op­gang in Suid-A­fri­ka te maak en daar is e­nor­me groei in aan­lyn bie­ërs wat aan reg­streek­se vei­lings deel­neem, sê S­han­non Win­ter­stein, ’n di­rek­teur van WH Aucti­o­neers.

“Aan­lyn verkope na­der tans 15% van die waar­de wat op vei­lings ver­koop word en by ’n on­lang­se vei­ling van ma­sji­ne­rie in Kaap­stad, het by­na die helf­te van die bie­ërs aan­lyn ge­klik,” sê hy.

Hy sê daar is dui­de­li­ke pa­tro­ne so­ver wat aan­lyn vei­lings be­tref. “In die ge­val van ’n ge­wil­de i­tem, sal bie­ërs in se­ke­re stre­ke meer klik.” ’n Goeie voor­beeld is af­slaan­kap­mo­tors, wat ge­wil­der is on­der aan­lyn bie­ërs van Kaap­stad en Dur­ban.

By WH Aucti­o­neers se vol­gen­de kon­struk­sie-en-geel-me­taal­ma­sji­ne­rie-vei­ling op 30 Mei, gaan ver­skeie 2015-I­veco-wa­ter­tenk­wa­ens met min ki­lo­me­ters op die klok te koop aan­ge­bied word. Win­ter­stein sê daar was reeds heel­wat navrae van Kaap­se ko­pers, wat re­ken dié tenk­wa­ens, wat elk 25 000 li­ter wa­ter kan ver­voer, kan nut­tig wees in die heer­sen­de droog­te in die Wes-Kaap. Hy voor­sien dat die suk­ses­vol­le ko­pers dié uit Kaap­stad sal wees.

Die vei­ling gaan al­te­sa­me 200 lot­te be­hels met ’n ver­skei­den­heid on­lang­se mo­del­le van vrag­mo­tors, sleep­wa­ens en grond­werk­tuie on­der die ha­mer.

Vir meer in­lig­ting be­soek w­haucti­ons.com.

Van die wa­ter­tenk­wa­ens wat op WH Aucti­o­neers se ko­men­de kon­struk­sie­vei­ling be­skik­baar gaan wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.