Gau­teng­se der­by gaan ril­ler wees

Reeks stuur op op­win­den­de ein­de af

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Ver­le­de Sa­ter­dag was dit ’n rug­by­der­by toe die Bul­le na El­lis­park ge­reis het vir ’n Su­per­rug­by-wed­stryd (en loe­sing) teen die Leeus.

Mô­re­aand is dit die Gau­teng­se net­bal­span­ne – die Fi­re­balls (Gau­teng) en die Ja­guars (Noord-Gau­teng) – wat me­kaar in Bloem­fon­tein in die Premierliga pak.

Wie gaan bo­baas wees? Weer die Gau­ten­gers?

Dit be­loof om ’n ril­ler te wees. Die laas­te groep­wed­stry­de in die na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie word in Bloem­fon­tein be­slis voor­dat die uit­speel­wed­stry­de die vol­gen­de twee na­we­ke ook daar aan­ge­bied word.

Die reeks stuur op ’n op­win­den­de ein­de af met drie span­ne wat al­mal 14 pun­te in die sak­kie het ná agt wed­stry­de en een ne­der­laag elk. Die Fi­re­balls het ná twee goeie oor­win­nings ver­le­de na­week in Bell­vil­le eg­ter die eer­ste plek in­ge­neem dank­sy ’n be­ter doel­ge­mid­deld.

Die Ja­guars en die Fla­mes (Noord­wes) is on­der­skei­de­lik twee­de en der­de op die pun­te­lys. Die Wes-Kaap­se S­tings is kort op hul hak­ke met 12 pun­te, maar het een wed­stryd min­der ge­speel.

Die Vry­staat­se C­ri­nums, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, sal hul agt pun­te na tien kan op­stoot wan­neer hul­le teen die Di­a­monds, die ag­ter­os­se in die reeks, te staan kom.

Die res van die span­ne se pun­te is: Aloes (6), Ba­o­babs (5), Sun­bi­rds (2), S­tars (1) en Di­a­monds (0).

Hoe­wel die Pro­te­as nie bin­ne­kort in ak­sie sal wees nie, is daar heel­par­ty spe­lers wat reeds die oog ge­tref het. Daar is ’n oor­vloed hulp­doe­le wat uit­blink met ver­al Ren­ske S­toltz (Fla­mes) en Lin­die Lom­bard (Fi­re­balls) wat uit­staan.

Op hoof­doel is daar min­der uit­blin­kers. Deb­bie Ham­man, voor­ma­li­ge Pro­tea-kap­tein en dees­dae Su­perS­port-kom­men­ta­tor, sê eg­ter De­anc­ke R­ho­de (Fi­re­balls) en Ine-Marí Ven­ter (Ja­guars, soms ook hulp­doel) het haar be­ïn­druk.

Mar­li­ze de Bruin (Ja­guars) en Na­dia Uys Pie­naar (Fi­re­balls) het die sen­ter­po­si­sie hul eie ge­maak.

“Af­rig­ters skuif spe­lers baie rond, so min kry kans om hul­le op aan­val­len­de vleu­el te ves­tig,” sê Ham­man.

“Ané Bo­tha van die Fi­re­balls speel eg­ter uit­ste­kend.”

Wat die ver­de­di­gers be­tref, is die uit­blin­kers Ju­li­ne Ros­souw en P­hum­za Ma­we­ni van die S­tings en S­ha­di­ne van der Mer­we van die Ja­guars, sê Ham­man.

Za­ne­le M­do­da­na, die Ma­tie-af­rig­ter en ook ’n ge­we­se Pro­tea-kap­tein, son­der S­toltz, Lom­bard, Bo­tha, Si­moné Ra­be (Fla­mes), Pa­le­sa M­bukwa­na (Sun­bi­rds), Za­ne­le Vim­be­la (Fi­re­balls) en Jas­mi­ne Zie­gel­mei­er (Ja­guars) uit.

Fo­to’s: BACKPAGEPIX

Na­dia Uys Pie­naar (links) van die Fi­re­balls en Lau­ren­Lee Chris­ti­ans van die Aloes.

Ren­ske S­toltz, hulp­doel van die Fla­mes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.