Da­mi­an wil sy waar­de wys

Co­le­man het sleu­tel­rol, sê F­leck

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Da­mi­an de Al­len­de kry mô­re in die Su­per­rug­by-der­by teen die Haaie die ge­leent­heid om te be­wys hy is wél ge­reed om weer die nr.12-trui vir die S­pring­bok­ke in Ju­nie-maand se reeks van drie toet­se teen Frank­ryk te dra.

Die S­tor­mers-sen­ter is in die be­gin­span in­ge­sluit vir die stryd in Dur­ban. Hy het ver­le­de week teen die Blu­es sy te­rug­keer tot Su­per­rug­by as ’n plaas­ver­van­ger op Nu­we­land ge­maak.

De Al­len­de het ’n en­kel­be­se­ring in die Kaap­se span se eer­ste wed­stryd van die sei­soen, teen die Bul­le, op­ge­doen.

Sy in­slui­ting in die Bok-groep vir drie toet­se teen Frank­ryk het heel­wat oë laat rek, met som­mi­ge waar­ne­mers wat won­der of hy fiks ge­noeg is om toets­rug­by te speel.

Die S­tor­mers be­leef tans ’n kri­sis op bin­ne­sen­ter, met Dan du P­les­sis nog be­seer en die Nieu-See­lan­der S­haun T­ree­by vir drie we­ke ge­skors weens ’n hoog­vat op die Blu­es-los­ska­kel, Piers Fran­cis.

F­leck het dus geen an­der keu­se as om sy S­pring­bok na­der te t­rek vir mô­re se wed­stryd nie. As din­ge eg­ter sou skeef­loop, weet F­leck hy kan op die er­va­ring van nog ’n S­pring­bok, Ju­an de Jongh, as plaas­ver­van­ger vir die bin­ne­sen­ter-rol staat­maak.

“Ons het ’n op­win­den­de plaas­ver­van­gers­bank vir die na­week se wed­stryd ge­kies met Se­a­be­lo (Se­nat­la) en Ju­an daar, wat ons baie op­sies bied,” sê F­leck.

“Daar is ook die kans dat ons Dil­lyn weer in die loop van die wed­stryd na los­ska­kel kan skuif, wat ons op­sies op die aan­val ver­der uit­brei.”

De Al­len­de het eg­ter nie gis­ter aan die S­tor­mers se oe­fe­ning deel­ge­neem nie. Hy suk­kel glo met griep­simp­to­me en De Jongh is ge­vra om op bin­ne­sen­ter aan die slyp­ses­sie deel te neem.

Leyds, wat ook dié week by die Bok-groep in­ge­sluit is, skuif te­rug na lin­ker­vleu­el. Kurt Co­le­man het van sy en­kel­be­se­ring her­stel en sal die nr.10-trui dra na­dat Leyds teen die Blu­es los­ska­kel moes speel.

Vol­gens F­leck sal Co­le­man ’n sleu­tel­rol speel om die S­tor­mers se ver­de­di­ging ag­ter­langs te or­ga­ni­seer.

“Sy sterk­pun­te is dat hy kan rig­ting gee aan ’n ag­ter­lyn en weet hoe om ’n wed­stryd met tak­tie­se skop­werk te be­heer.

“Hy kom­mu­ni­keer ook baie goed met sy span­maats. Ek dink ook in die wed­stry­de waar hy as plaas­ver­van­ger vir ons op die veld ge­draf het, het hy ’n waar­de­vol­le im­pak ge­maak.”

F­leck, wat ’n fi­sie­ke aan­slag van die Haaie se pak voor­spe­lers ver­wag, het nie e­ni­ge ver­an­de­rin­ge aan sy agt­tal ge­maak nie.

“Ek dink ons voor­spe­lers het heel goed ge­speel oor die na­week teen ’n baie groot Blu­es-agt­tal,” sê die brei­er.

Die plaas­ver­van­ger­slot Jan de K­lerk het ’n en­kel be­seer en word deur Chris van Zyl op die bank ver­vang.

Fo­to: GALLO IMAGES

Da­mi­an de Al­len­de sit op loop teen die Bul­le in die Su­per­rug­by­wed­stryd waar­in hy sy en­kel be­seer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.