Ja­er reg om teen Leeus uit te draf

Beeld - - Sport - – Mi­cha­el G­reen

Een van die Sout­hern Kings se groot­ste hel­de, die ten­ger heel­ag­ter Mal­colm Ja­er, is slag­ge­reed om weer vir dié span te speel.

“My knie voel goed. Daar is geen py­ne meer nie. Ek kan Son­dag teen die Leeus speel as die co­ach my kies,” sê Ja­er.

Ja­er het laas op 9 A­pril in Perth vir die Kings ge­speel. Hy het daar­die dag drie drieë ge­druk in die Oos-Ka­pe­naars se ne­der­laag met 41-46.

“Ja, ek het met baie self­ver­troue ge­speel en was goed op dreef. Dis net jam­mer dat ek toe ook my knie seer­ge­maak het,” sê die 21-ja­ri­ge ag­ter­spe­ler.

In sy af­we­sig­heid het Ma­sixo­le Ban­da hom as die Kings se eer­ste­keu­se-heel­ag­ter ge­ves­tig.

Maar toe maak Ban­da twee we­ke ge­le­de ’n dy­spier seer en Chrys­an­der Bo­tha kry sy kans.

En by die Kings se oe­fe­nin­ge lyk dit skie­lik of N­ta­be­ni Du­ki­sa ook ’n kan­di­daat is om oor­mô­re in Jo­han­nes­burg die Kings se heel­ag­ter te wees. Waar laat dit Ja­er? “Ons sal maar moet sien wie die co­ach kies,” sê hy.

Gis­ter, toe die OP-Kings se span vir hul krag­me­ting met die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ge­kies is, het dit al hoe meer be­gin lyk of Ja­er wel teen die Leeus in ak­sie kan wees.

Bo­tha is die heel­ag­ter vir dié Su­perS­port-uit­daag­wed­stryd mô­re in Kaap­stad.

Dit laat Ja­er en Du­ki­sa oor as kan­di­da­te vir die Sout­hern Kings se stryd met die Leeus, want Ban­da suk­kel steeds met sy dy­spier.

Ja­er sê die me­de­din­ging vir plek­ke in die fran­chi­se se be­gin­span bring die “bes­te in al­mal” na vo­re.

“Kyk net na (Als­haun) Bock. Hy het sy kans eers ge­kry toe Wan­di­le M­je­ke­vu be­seer is en toe druk hy twee drieë teen die Haaie en nou is hy steeds in die span.” Dis in­te­res­sant dat Ja­er na die vleu­els ook ver­wys. Hy het juis ver­le­de jaar sy Su­per­rug­by-de­buut as vleu­el vir die Kings ge­maak.

Dis on­waar­skyn­lik dat De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter, Ja­er som­mer gou weer vir die be­gin­span op vleu­el sal kies.

Daar­voor is die vlug­voe­ti­ge Ja­er te veel van ’n an­gel op heel­ag­ter en Bock en Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi te goed op dreef op die pun­te.

Maar dis nie on­waar­skyn­lik dat Da­vids kan be­sluit om Ja­er eers as plaas­ver­van­ger te kies nie. ) Die agt­ste­man Lu­san­da Ba­diy­a­na voer die OP-Kings teen die WP aan.

Dit is ’n aan­dui­ding dat die skrum­ska­kel S­te­fan Un­ge­rer, wat die OP in die vo­ri­ge paar wed­stry­de aan­ge­voer het, dalk in die Sout­hern Kings se groep vir die krag­me­ting met die Leeus kan wees. ) OP­Kings: Chrys­an­der Bo­tha, Ke­a­nu Vers, Wan­di­le M­je­ke­vu, Mi­cha­el B­rink, Simon Bol­ze, Gar­rick Mat­the­us, Ric­ky S­chroe­der, Lu­san­da Ba­diy­a­na (k), Ke­vin Ka­ba, SF Nieu­woudt, M­z­wa­ne­le Zi­to, Wyn­and Gras­smann, Lu­pum­la M­gu­ca, Tan­go Ba­le­ki­le, Chris Hei­berg. PLAASVERVANG

ERS: G­re­go­ry Jack­son, Xand­re Vos, Cam­ron Lind­say, Ro­bert Lyons, Rou­che Nel, Son­wa­bo Ma­jo­la, Siy­an­da G­rey.

Fo­to: GALLO IMAGES

Mal­colm Ja­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.