Tyd vir boe­ke vat, sê B­lits­bok

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Met die Wê­reld­reeks-ti­tel in die sak­kie en ’n plek in die sei­soen se “Droom­span” as bo­nus, sê die B­lits­bok Chris Dry dis nou tyd om graad te vang.

“Ek gaan so ’n paar dae rus en tyd saam met fa­mi­lie en vrien­de deur­bring, waar­na ek baie uit­sien, maar dan moet ek weer die boe­ke gryp, want ek skryf een van die dae weer ek­sa­men.”

Die 29-ja­ri­ge Dry stu­deer kon­struk­sie­be­stuur aan die Kaap­se S­kier­ei­land-U­ni­ver­si­teit vir Teg­no­lo­gie (KSUT) se Bell­vil­le-kam­pus.

“Ek woon so vir drie dae ’n week aand­klas­se by. Dit be­te­ken ek moet soms ná ons oe­fen­ses­sie van S­tel­len­bosch af Bell­vil­le toe ry.”

Vir dié Kaap­se boor­ling is die op­of­fe­ring eg­ter die moei­te werd, want hy wou nog al­tyd ná sy dae as rug­by­spe­ler iets an­ders met sy le­we doen.

“Ek sit maar die hard y­ards in wan­neer nie­mand daar is om dit te sien nie, want ek wil net soos by die B­lit­se ook in ’n an­der rig­ting suk­ses­vol wees,” sê Dry.

“Ho­pe­lik is van­jaar my laas­te jaar en dan sal ek maar sien of daar nog so ’n paar kur­sus­se is wat ek wil gaan vol­tooi.”

Dit is hier­die ti­pe vas­be­ra­den­heid wat van­jaar van Dry een van die bes­te spe­lers in die Wê­reld­reeks ge­maak het. Net soos met sy stu­dies moes dié voor­ma­li­ge leer­ling van G­rey-kol­le­ge hard werk om weer ’n plek in die B­lits­bok­span oop te speel.

Daar was spra­ke dat sy tyd as se­wes­spe­ler ein­de se kant toe staan toe hy ver­le­de jaar as ’n nie­spe­len­de re­ser­we die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro by­ge­woon het. Dry moes uit die pa­vil­joe­ne van die Di­a­doro-sta­di­on toe­kyk hoe sy span­maats ’n brons­me­dal­je vir Suid-A­fri­ka ver­o­wer.

Die feit dat hy net ’n toe­skou­er by s­port se groot­ste skou­spel was, pla Dry eg­ter nie te veel nie.

“Ag, ek dink ver­le­de jaar was maar net nie my jaar nie en ek was van­jaar nou weer baie ge­luk­kig om so­veel kan­se te kon kry om op die veld ’n by­drae te maak.

“Die feit dat ek in die Droom­span vir die 2016-’17-reeks ge­kies is, is ook te dan­ke aan die span. Al­mal van ons het ’n mas­sie­we by­drae tot van­jaar se suk­ses ge­maak.

“Daar­om voel ek hier­die eer­be­wys is meer soos ’n span­prys. Dit bly nog­tans ’n fan­tas­tie­se eer, want ge­woon­lik is die man­ne wat dié span haal, die man­ne wat die drieë in­ryg,” skerts Dry.

Of­skoon hy daar­van hou om die don­kie­werk as voor­spe­ler in die span te doen, het Dry ook ge­reeld (19 keer) die doel­lyn vir vyf­pun­ters oor­ge­steek. Dit sluit ’n drie­kuns in die Pa­rys-toer­nooi se groep­fa­se teen Ka­na­da in.

“S­naaks ge­noeg het daai drie­kuns ge­kom toe ek nie eint­lik in die reg­te po­si­sies op die veld was nie. In daar­die wed­stryd was ek eg­ter so ’n bie­tjie laat om in po­si­sie te kom vir van die aan­val­len­de be­we­gings, maar dit het op die ou ein­de goed uit­ge­werk.”

Chris Dry

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.