Vyf oor wie daar vrae is

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Die S­pring­bok­span wat al­le on­der­steu­ners sal saam­snoer, moet nog ge­kies word.

Of­skoon S­pring­bok­af­rig­ters spe­ling ge­gun moet word om die bes­te groep na hul me­ning en in­ter­pre­ta­sie te bou, is daar al­tyd ter­gen­de vrae oor hoe­kom se­ke­re spe­lers ge­kies word en an­der nie.

Hier is vyf spe­lers wat on­der­steu­ners na de­se met meer vrae as ant­woor­de ge­laat het.

1 Da­mi­an de Al­len­de

(sen­ter, S­tor­mers): Dié le­ni­ge sen­ter is op die vlerke van twee suk­kel­sei­soe­ne en 91 mi­nu­te se rug­by in 2017 tot in Coet­zee se groep ge­dra. Of­skoon hy graag in die ko­men­de reeks teen die Fran­se sal wil wys wáárom, is daar sta­tis­ties ge­spro­ke wei­nig wat wys dat so ’n om­me­keer moont­lik is. Sy fiks­heid ná ’n be­se­ring waar­van hy lank ge­vat het om te her­stel, is ook ver­dag en daar is sen­ters in die SA A­span wat waar­skyn­lik veel meer ge­doen het om ’n plek in die uit­soek­groep te ver­dien.

2 C­hi­li­boy Ra­le­pel­le

(ha­ker, Haaie): Vol­gens Coet­zee moet plaas­li­ke spe­lers voor­keur kry wan­neer die span ge­kies word. Ra­le­pel­le, wat van 2014 tot 2016 ’n skor­sing vir die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels uit­ge­dien het, het eg­ter baie om te be­wys as daar op sy nom­mer ge­druk word om teen Frank­ryk sy 23ste toets vir die S­pring­bok­ke te speel. Hy is ’n er­va­re spe­ler en sal brand om te be­wys dat hy sy Bok­plek ver­dien.

3 Coe­nie Oost­hui­zen

(stut, Haaie): Oost­hui­zen is ’n doel­tref­fen­de bal­dra­er, maar daar is kna­en­de vrae oor sy skrum­ver­nuf as vas­kop. Dít kom al se­dert hy as jong los­kop in ’n vas­kop ver­an­der is. Dis ver­al on­langs teen die Kings bloot­ge­lê toe S­chalk van der Mer­we hom hard laat les op­sê het in dié vas­te fa­set.

4 Ru­dy Pai­ge

(skrum­ska­kel, Bul­le): Pai­ge sal een of an­der tyd moet ver­goed vir die ver­troue wat Coet­zee in hom plaas. Hy het die sei­soen nie juis in­druk ge­maak by die Bul­le nie en het dik­wels twee­de en selfs der­de vi­ool ag­ter Piet en Ivan van Zyl ge­speel. Ja, dis moei­lik vir ’n skrum­ska­kel om ag­ter ’n swak pak sy stem­pel af te druk, maar hy blyk ef­fens uit sy diep­te op toets­vlak te wees.

5 Jes­se K­riel

(veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler, Bul­le): K­riel, wat tus­sen bui­te­sen­ter en heel­ag­ter ro­teer, wys soms oom­blik­ke wat hom in 2015 so ’n fak­tor ge­maak het, maar hy is tans nie die spe­ler waar­op ge­hoop word nie. Op heel­ag­ter is daar vrae oor sy po­si­si­o­ne­le spel, ter­wyl hy waar­skyn­lik te min tyd in die po­si­sie ge­gun word om ’n ef­fek­tie­we ver­de­di­ger op bui­te­sen­ter te wees. Hy sal moet wys waarom sy s­ter nie aan die taan is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.