Tor­sten kap­tein in To­kio

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die ha­ker Tor­sten van Jaars­veld sal die C­hee­tahs in hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sun­wol­ves mô­re in To­kio in die plek van die be­seer­de Fran­cois Ven­ter aan­voer.

Ven­ter het nie be­tyds her­stel van die dy­spier­be­se­ring wat hy in die vo­ri­ge wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes op­ge­doen het nie.

Die brei­er, Fran­co S­mith, sê hul­le wou dit nie met hom waag nie.

Van Jaars­veld was aan die be­gin van die reeks ook kap­tein in die tyd toe Ven­ter nog van ’n en­ke­lo­pe­ra­sie her­stel het. Van Jaars­veld ver­vang E­land­ré Hug­gett in die be­gin­span, ter­wyl Wil­li­am S­mall-S­mith bui­te­sen­ter in Ven­ter se plek sal speel.

Slegs drie ver­an­de­rin­ge is ge­maak aan die be­gin­span in ’n po­ging om die der­de en laas­te toer­wed­stryd goed af te sluit.

Die der­de ver­an­de­ring is op los­ska­kel, waar Niel Marais en F­red Zei­lin­ga plek­ke ruil.

S­mith sê die hoof­re­de daar­voor is om­dat hy hul wed­stryd­tyd wil be­stuur. Dis glad nie om­dat Zei­lin­ga, wat die e­nig­ste drie teen die Hur­ri­ca­nes ge­druk het, swak ge­speel het in die vo­ri­ge wed­stryd nie.

Hy voel Marais ver­dien weer ’n kans in die be­gin­span.

“Hy (Zei­lin­ga) bring sy kant uit­ste­kend, maar ek wil graag die spe­lers be­stuur na die bes­te wat ek kan en ook vir Niel ’n ge­leent­heid gee. Hul­le ruil net om, dis al,” sê S­mith.

Die Sun­wol­ves het in hul eer­ste wed­stryd van­jaar in To­kio die Bul­le na­el­skraap ge­klop. Dis Sa­ter­dag slegs hul der­de tuis­wed­stryd van­jaar in Ja­pan. Hul an­der tuis­wed­stry­de word in Sin­ga­poer ge­speel waar hul­le ver­le­de jaar teen die C­hee­tahs ge­speel het.

Die los­voor­spe­ler Ju­ni­or Po­ko­me­la, wat as plaas­ver­van­ger na Nieu-See­land ont­bied is om Tier S­choe­man (bloed­klon­te) te ver­vang, kan van die plaas­ver­van­gers­bank af speel­kans kry.

Die oud-C­hee­tahs-los­voor­spe­ler Wil­lie B­ritz, wat hom van­jaar by die Sun­wol­ves aan­ge­sluit het, is weens har­sing­skud­ding nie oor­weeg nie.

C­hee­tahs: Clay­ton Blom­me­tjies, Ser­ge­al Pie­ter­sen, Wil­li­am S­mall­S­mith, C­lin­ton Swart, Ray­mond R­hu­le, Niel Marais, S­haun Ven­ter, Hen­co Ven­ter, Ou­pa Mo­ho­je, U­zair Cas­siem, Carl Weg­ner, Ar­mandt Kos­ter, Jo­han Coet­zee, Tor­sten van Jaars­veld (k), Ox N­che. PLAASVERVANGERS: E­land­ré Hug­gett, C­har­les Marais, Tom Bo­tha, Fran­cois Uys, Niell Jor­daan, Ju­ni­or Po­ko­me­la, Ti­an Mey­er, F­red Zei­lin­ga.

Sun­wol­ves: Ko­ta­ro Mat­sus­hi­ma, Ta­kaaki Na­ka­zu­ru, De­rek Car­pen­ter, Ha­ru­mi­chi Ta­te­ka­wa (k), S­hota Emi, Yu Ta­mu­ra, Fu­mi­a­ki Ta­na­ka, Ra­hbo­ni War­ren­Vo­sa­y­a­co, S­hu­hei Mat­su­hashi, Mal­ge­ne Ilaua, Sam Wy­kes, Ko­ta­ro Ya­ta­be, Ta­ku­ma A­sa­ha­ra, Yu­su­ke Ni­wai, Kei­ta I­nag­a­ki. PLAASVERVANGERS: Ta­kes­hi Hi­no, Ko­ki Ya­ma­mo­to, Ya­suo Ya­ma­ji, Hi­tos­hi Ono, S­ho­kei Kin, Kei­su­ke U­chi­da, Jum­pei O­gu­ra, Wil­li­am Tu­pou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.