Dié een is vir Manchester

Beeld - - Sport -

Dié oor­win­ning was vir die slag­of­fers van die Manchester-bomaanval.

Manchester U­ni­ted se Paul Pog­ba en Hen­rikh Mk­hi­ta­ry­an het Woens­dag­aand ’n doel in el­ke helf­te van die Eu­ro­pa-li­ga se eind­stryd aan­ge­te­ken om dié ti­tel met ge­mak met 2-0 voor die neus van A­jax Am­ster­dam weg te raap.

Met dié se­ge in S­tock­holm, S­we­de, het U­ni­ted ook vir die groep­fa­se van vol­gen­de sei­soen se Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga ge­kwa­li­fi­seer.

’n Mi­nuut se stil­te is voor die af­skop ge­hou vir die slag­of­fers van Maan­dag­aand se self­moord­bom­aan­val by ’n pop­kon­sert in Manchester, waar­in 22 men­se dood is. Dit is ge­volg deur ap­plous en En­gel­se on­der­steu­ners wat ge­skreeu het: “Manchester”, en “We’ll ne­ver die”.

“Ons weet din­ge soos dié is baie hart­seer oor die wê­reld heen,” sê Pog­ba met ver­wy­sing na die aan­val.

“Ons móés fo­kus. Manchester – ons het vir jou ge­wen. Ons het vir En­ge­land ge­speel, ons het vir Manchester ge­speel en ons het vir hul­le ge­speel – die men­se wat dood is.

“Men­se sê ons het ’n slegte sei­soen ge­had, maar dié prys is groot en ons het dit nou ge­doen. Ons het drie tro­feë ge­wen, so ge­niet dit,” sê Pog­ba.

U­ni­ted se tri­omf volg op suk­ses in die Li­ga­be­ker en die Ge­meen­skap­skild.

In José Mour­in­ho se eer­ste sei­soen aan die stuur by Old Traf­ford is die klub nou van deel­na­me aan die Kam­pi­oe­ne- li­ga ver­se­ker, al kon U­ni­ted slegs ses­de in die Premierliga ein­dig.

“Ons het ver­kies om op dié ma­nier vir die Kam­pi­oe­ne­li­ga te kwa­li­fi­seer eer­der as om vier­de, der­de of twee­de te ein­dig,” sê Mour­in­ho.

“Ons het ons doel­wit be­reik, ons is te­rug in die Kam­pi­oe­ne­li­ga na­dat ons ’n ti­tel ge­wen het, ’n be­lang­ri­ke ti­tel. Die klub het nou el­ke ti­tel in wê­reld­sok­ker ver­o­wer. Ons het van die be­gin af hard daar­voor ge­veg.”

Fo­to: REU­TERS

“Kyk wat het ek!” Manchester U­ni­ted se Paul Pog­ba doen ’n e­re­ron­de met die Eu­ro­pa­li­gatro­fee na­dat sy span A­jax Am­ster­dam in die eind­stryd ver­slaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.