Ki­wi bla­meer pa­pe­gaai se dood vir dronk­be­stuur

Beeld - - Sport -

Die Ki­wi-krie­ket­spe­ler Doug Bra­ce­well is weens dronk­be­stuur tot 100 uur se ge­meen­skaps­diens ge­von­nis na­dat hy sy be­sluit om ná ’n ge­leent­heid huis toe te be­stuur daar­op bla­meer het dat hon­de sy pa­pe­gaai dood­ge­byt het.

Bra­ce­well (26) is in Maart deur die po­li­sie voor­ge­keer en het ’n bloedal­ko­hol­vlak van meer as drie keer die wet­ti­ge perk ge­had.

Sy pro­ku­reur het aan die dis­triks­hof in Has­tings ge­sê dat Bra­ce­well by ’n ge­leent­heid ge­drink het toe sy vrien­din hom ge­bel en ge­sê het hul troe­tel­pa­pe­gaai is deur twee hon­de waar­na sy en die spe­ler om­ge­sien het, dood­ge­maak.

Land­dros B­rid­ge Mackin­tosh het ook ge­las dat hy lan­ger as ’n jaar nie mag be­stuur nie en het ge­sê die krie­ket­spe­ler het hom­self, sy fa­mi­lie en (sy werk­ge­wer) Nieu-See­land K­rie­ket in die steek ge­laat.

Nieu-See­land K­rie­ket sê in­tus­sen hy sal Bra­ce­well nie ver­der straf nie.

Bra­ce­well, wat 27 toet­se, 14 een­dag­wed­stry­de en 17 T20’s vir Nieu-See­land ge­speel het, is in 2008 en 2010 weens dronk­be­stuur aan­ge­keer en was van­te­vo­re by ’n reeks al­ko­hol­ver­wan­te voor­val­le be­trok­ke.

In 2012 is hy vir ’n wed­stryd ge­skors na­dat hy en ’n span­maat, Jes­se Ry­der, by ’n kroeg in Na­pier in ’n ba­klei­e­ry be­trok­ke ge­raak het.

Bra­ce­well is ook in 2014 be- boet toe hy en Ry­der voor ’n toets aan die d­rink ge­raak het.

Hy is wel nie die eer­ste krie­ket­spe­ler wat al die skuld vir dronk­be­stuur op ’n troe­tel­dier ge­pak het nie.

Gra­e­me S­wann, voor­ma­li­ge En­gel­se weg­breek­bou­ler, het al ’n dronk­be­stuur­voor­val in 2010 ver­dui­de­lik deur te sê hy moes hom na sy huis haas om sy kat te red wat on­der vloer­plan­ke in die wo­ning vas­ge­sit het.

Doug Bra­ce­well

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.