Ba­fa­na: Ran­tie sy son­des ver­ge­we

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

To­ke­lo Ran­tie, wat ver­suim het om by ’n vo­ri­ge saam­trek van die na­si­o­na­le sok­ker­span aan te meld, is gis­ter weer in­ge­sluit in Ba­fa­na Ba­fa­na se groep, wat vroeg vol­gen­de maand teen Ni­ge­rië speel.

Dié kwa­li­fi­se­ren­de wed­stryd vir die toer­nooi om die A­fri­ka­be­ker in 2019 – teen die Su­per Eag­les op 10 Ju­nie in Uyo – is die eer­ste wed­stryd in S­tu­art Bax­ter se twee­de ter­myn as brei­er van die na­si­o­na­le span.

Die be­stuur­span sal straks ’n ding of twee te sê hê aan Ran­tie ná die ge­beu­re voor die Wê­reld­be­ker-kwa­li­fi­se­ren­de wed­stryd teen Bur­ki­na Fa­so in Ok­to­ber in Ou­a­ga­dou­gou, wat toe tot sy weg­la­ting ge­lei het.

Ni­ge­rië sal dié doel­skie­ter wel ont­hou vir sy twee doe­le in 2014 in die ein­ste Uyo, waar die span­ne ge­lyk­op (2-2) ge­speel het. Die Su­per Eag­les moes dié wed­stryd des­tyds wen om vir 2015 se toer­nooi om die A­fri­ka­be­ker te kwa­li­fi­seer.

Ran­tie, wat steeds vir Gen­cler­bi­r­ligi in Tur­kye diens doen, is een van ses spe­lers in die groep van 25 wat in die bui­te­land klub­sok­ker speel.

Bon­ga­ni Zun­gu van Vi­to­ria de Guima­ra­es in Por­tu­gal is ook her­roep, ter­wyl Ron­wen Wil­li­ams, wat on­der Bax­ter by Su­perS­port U­ni­ted speel, die der­de doel­wag­ter in die groep is.

Die af­rig­ter wys daar­op dat Ni­ge­rië vars van ’n oe­fen­kamp van drie we­ke in Frank­ryk sal wees.

“Hul wed­stry­de teen To­go en Kor­si­ka gaan my so ’n bie­tjie in­lig­ting om­trent hul­le gee of­skoon ek reeds in­lig­ting oor hul­le in­ge­win het,” sê Bax­ter.

Hy was aan die stuur toe Suid-A­fri­ka met 2-1 in 2004 op El­lis­park sy e­nig­ste se­ge in 12 wed­stry­de oor Ni­ge­rië be­haal het.

Bax­ter se troe­pe moet op 4 Ju­nie aan­meld. Hul­le gaan vir twee dae oe­fen voor­dat hul­le na La­gos ver­trek.

Fo­to: GALLO IMAGES

S­tu­art Bax­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.