Ti­ger sê hy het ja­re laas so goed ge­voel

24 uur

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Ti­ger Woods (41) sê hy voel be­ter as wat hy in ja­re ge­voel het en die 14ma­li­ge Ma­jor­kam­pi­oen is steeds oor­ge­haal om weer me­de­din­gen­de gholf te speel.

Die voor­ma­li­ge nr. 1­spe­ler in die wê­reld het in ’n blog op T­wit­ter sy stil­swye vir die eer­ste keer ver­breek se­dert hy op 20 A­pril sy vier­de rug­o­pe­ra­sie se­dert 2010 on­der­gaan het.

“Dit is net ’n bie­tjie meer as ’n maand se­dert my o­pe­ra­sie en dis moei­lik om te be­skryf hoe­veel be­ter ek voel,” sê die A­me­ri­ka­ner.

“Wat my te­rug­keer be­tref, lyk die prog­no­se op lang ter­myn goed.

“My chi­rurg en fi­si­o­te­ra­peut sê die o­pe­ra­sie was ’n suk­ses.

“Al wat ek kan doen, is om die saak dag tot dag te pak. Daar is geen haas nie.

“Maar ek wil dit on­om­won­de stel dat ek weer op die hoog­ste vlak wil mee­ding.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.