Twee­de sterf­te bin­ne agt dae ruk Ki­wi­rug­by

Beeld - - Sport - – S­tuff

’n Twee­de rug­by­spe­ler is gis­ter bin­ne agt dae ná die dood van ’n an­der Nieu­See­land­se spe­ler oor­le­de.

S­tuff.co.nz be­rig Be­van Moody (22) het Sa­ter­dag ’n hart­aan­val ge­kry in ’n klub­wed­stryd in Nel­son op Ni­euSee­land se Sui­dei­land.

Hy was in ak­sie vir sy Wai­to­hi­klub­span teen Nel­son in ’n Tas­man Trop­hy­krag­me­ting.

Sy span­be­stuur het hom op die veld pro­beer by­bring voor­dat hy per am­bu­lans na die Nel­son­hos­pi­taal ge­haas is.

Dok­ters het Moody in ’n me­die­se ko­ma ge­plaas. Hy is gis­ter om­ring deur sy fa­mi­lie en vrien­de in die hos­pi­taal oor­le­de.

Sy dood kom ’n dag ná die be­graf­nis van Da­niel Bald­win (19), wat op 17 Mei oor­le­de is weens ’n kop­be­se­ring wat hy in ’n rug­by­wed­stryd op 13 Mei in Wel­ling­ton op­ge­doen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.