A­gas­si goed vir ten­nis en D­jo­ko­vic, meen Mur­ray

Beeld - - Sport - – Sport24

An­dy Mur­ray, die wê­reld se voor­ste ten­nis­spe­ler, er­ken hy was ver­ras oor And­re A­gas­si se aan­stel­ling as No­vak D­jo­ko­vic se af­rig­ter vir die Fran­se Ope, maar meen dit sal “goed wees vir No­vak en vir ten­nis”.

D­jo­ko­vic, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen op Ro­land Gar­ros, het A­gas­si (47), wat agt Grand Slam­ti­tels in sy loop­baan ge­wen het, Son­dag aan­ge­stel, en­ke­le mi­nu­te na­dat hy in die eind­stryd van die ATP­mees­terstoer­ nooi in Ro­me deur A­lex­an­der Z­ver­ev ge­klop is.

“Wan­neer die groot na­me in die s­port aan­bly, ge­ne­reer dit baie be­lang­stel­ling,” sê Mur­ray.

“Ek was nog­al ver­ras, want ek het nie ge­dink hy sal be­sluit om een­dag ’n af­rig­ter te word nie,” sê Mur­ray, wat in 2016 in die eind­stryd van die Fran­se Ope deur D­jo­ko­vic ver­slaan is.

A­gas­si het in 2006 uit be­roep­sten­nis ge­tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.