Op­skud, AB, en be­dink weer die tak­tiek!

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka se krie­ket­span gaan drin­gend ’n plan moet be­raam om sy boul­beur­te vin­ni­ger af te stuur om te ver­hoed dat sy kap­tein, AB de Vil­liers, vir ’n be­lang­ri­ke wed­stryd ge­skors word. De Vil­liers is met 20% van sy wed­stryd­geld be­boet ná eer­gis­ter se ne­der­laag teen En­ge­land in die eer­ste een­dag­wed­stryd op He­a­ding­ley. Die res van die Pro­te­as het 10% van hul wed­stryd­geld in­ge­boet. As die Pro­te­as in die reeks se oor­bly­wen­de wed­stry­de of in wed­stry­de in die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee weer ver­suim om hul boul- beur­te bin­ne die ver­lang­de tyd af te stuur, kan De Vil­liers vir ’n wed­stryd ge­skors word.

Dit is on­ge­luk­kig ’n pro­bleem waar­mee die Pro­te­as on­der De Vil­liers se kap­tein­skap al lank suk­kel. Hy het die laas­te twee een­dag­wed­stry­de teen Nieu-See­land in 2013 mis­ge­loop na­dat hy ge­skors is weens ’n sta­di­ge boul­tem­po.

Suid-A­fri­ka het nie eer­gis­ter juis ’n ver­sko­ning ge­had vir die ge­sloer nie, aan­ge­sien die draai­bou­lers 15 van die 50 beur­te af­ge­stuur het. De Vil­liers het eg­ter sy tyd ge­neem met veld­pla­sings en ook ge­reeld met sy spe­lers ge­kou­kus.

Die Pro­te­as gaan ook weer erns­tig moet be­sin oor hul tak- tiek voor die twee­de een­dag­wed­stryd mô­re teen En­ge­land in Sout­hamp­ton.

En­ge­land het eer­gis­ter­aand die eer­ste wed­stryd mak­lik met 72 lo­pies ge­wen na­dat sy kol­wers be­hoor­lik on­der die Pro­tea-bou­lers in­ge­klim en 339/6 in 50 boul­beur­te ge­mo­ker het.

Die Pro­te­as het hul voor­spel­ba­re plan ge­volg om die kolf­lys so sterk as moont­lik te maak ten kos­te van ’n ster­ker bou­l­aan­val en het ’n duur prys daar­voor be­taal.

’n Spe­si­a­lis­bou­ler soos Mor­né Mor­kel moet vir se­ker in­ge­roep word vir die oor­bly­wen­de wed­stry­de in die reeks.

In mo­der­ne een­dag­krie­ket moet jy een­vou­dig paal­tjies kan neem in die mid­del­beur­te as jy die lo­pie­tem­po in be­dwang wil hou. Suid-A­fri­ka maak staat op Im­ran Ta­hir en in ’n min­de­re ma­te Ka­gi­so Ra­ba­da om paal­tjies in dié tyd te neem, maar nog ’n spe­si­a­lis soos Mor­kel kan ’n groot ver­skil maak.

Nie Ra­ba­da of Ta­hir was op hul stuk­ke op He­a­ding­ley nie en dit het En­ge­land in staat ge­stel om die Pro­te­as se bou­l­aan­val te ver­rin­ne­weer.

As Mor­kel ge­kies word, be­te­ken dit een van die drie veel­sy­di­ge spe­lers – Chris Mor­ris, Way­ne Par­nell of An­di­le P­hehluk­wa­yo – moet weg­ge­laat word.

Dit sal die kolf­lys ef­fe ver­swak, maar as jy van jou nr. 9-kol­wer ver­wag om ’n wed­stryd vir jou te wen, gaan jy in elk­ge­val die meer­der­heid van jou wed­stry­de ver­loor.

En­ge­land het dit be­wys met sy kap­tein, Eoin Mor­gan, wat ’n hon­derd­tal in sy span se prag­beurt aan­ge­te­ken het.

Hashim Am­la, Suid-A­fri­ka se uit­blin­ker met die kolf, het Mor­gan se beurt as die ver­skil tus­sen die twee span­ne uit­ge­son­der. “In e­ni­ge een­dag­beurt gaan ’n hon­derd­tal jou span help om ’n groot to­taal op te stel. En hoe la­er jy dit in die kolf­lys doen, hoe be­ter vir jou span,” het Am­la ge­sê.

“Vir Mor­gan om dit op nr. 4 te doen, was ’n reu­se­hup­stoot vir die tuis­span,” het die be­baar­de kol­wer ge­sê.

Fo­to: GETTY

AB de Vil­liers het ’n slegte dag in die eer­ste een­dag­stryd teen En­ge­land be­leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.