S­pies in regs­pro­ses ná klub hom pos

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Pier­re S­pies se rug­by­toe­koms is on­se­ker na­dat Mont­pel­lier, die Fran­se klub vir wie hy speel, hom die deur ge­wys het.

S­pies, wat die S­pring­bok­ke in 53 toet­se ver­teen­woor­dig en se­we drieë ge­druk het, is on­danks ’n ver­len­ging van sy kon­trak ver­le­de jaar, wat hom tot Ju­nie 2019 by dié klub sou hou, van­dees­week deur Mont­pel­lier vry­ge­stel.

Mont­pel­lier, wat dié sei­soen nog deur die ge­we­se Bok-brei­er Ja­ke Whi­te af­ge­rig is, het Maan­dag aan­ge­kon­dig dat S­pies, Mar­vin O’Con­nor, An­toi­ne Battut, A­ka­pu­si Qe­ra, Jof­frey Mi­chel en Ro­bins T­cha­leWa­t­chou nie meer ge­kon­trak­teer is nie.

Whi­te is nou op pad na Ja­pan om Toyo­ta Ver­blitz af te rig, ter­wyl Vern Cot­ter, voor­ma­li­ge af­rig­ter van S­kot­land en C­ler­mont Au­verg­ne, die lei­sels by Mont­pel­lier sal oor­neem.

Dit is on­waar­skyn­lik dat S­pies Whi­te na Ver­blitz sal volg, aan­ge­sien dié Ja­pan­se klub reeds sy vol­le kwo­ta bui­te­land­se spe­lers op sy boe­ke het.

Ger­rie Swart, S­pies se a­gent, sê ’n aan­kon­di­ging oor die agt­ste­man se toe­koms sal nie da­de­lik ge­doen word nie om­dat daar “regs­pro­ses­se” is wat eers in Frank­ryk af­ge­han­del moet word.

“Pier­re se saak is tans in ’n moei­li­ke sta­di­um,” sê Swart.

Die pro­ses­se waar­na hy ver­wys, hou ver­moe­de­lik ver­band met S­pies se voor­ty­di­ge vry­stel­ling.

“Tot­dat die pro­ses­se af­ge­han­del is, sal Pier­re geen fi­na­le aan­kon­di­ging oor sy toe­koms­plan­ne doen nie.”

S­pies het in 2015 na Mont­pel­lier ver­huis na­dat die Bul­le, vir wie hy 119 wed­stry­de ge­speel het, hom nie weer ’n kon­trak aan­ge­bied het nie.

Fo­to: GETTY IMAGES

Pier­re S­pies in ak­sie vir Mont­pel­lier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.