B­lits­bok­ke ont­leed self hul sei­soen

Beeld - - Front Page - Ti­nus van S­ta­den B­lits­bok­kap­tein P­hi­lip Sny­man lig die tro­fee na­dat sy span ver­le­de Son­dag as die reeks­wen­ners vir die 2016­’ 17­sei­soen aan­ge­kon­dig is. .

Pa­rys. Vir die ge­mid­del­de Suid-A­fri­ka­ner is die Fran­se hoof­stad ’n i­dil­lie­se va­kan­sie­be­stem­ming. Die Stad van Lief­de, die stad met die Eif­fel­to­ring.

Maar vir die Suid-A­fri­kaan­se se­wes­span is dit die stad waar hul­le die to­ring tot die spits van hul sport ge­klim het.

Die B­lits­bok­ke het op 13 en 14 Mei die Wê­reld­reeks se Pa­rys­toer­nooi ge­wen en so­doen­de, met een toer­nooi in Lon­den oor, reeds Wê­reld­rug­by se se­wes­reeks vir die 2016-’17-sei­soen ge­wen.

Hier volg die sto­rie soos ver­tel deur die B­lits­bok­ke self:

Die aan­loop tot die toer­nooi: P­hi­lip Sny­man ver­tel

Ons kom Maan­dag­og­gend in Pa­rys aan en gaan da­de­lik ho­tel toe. Ons glo daar­in om so gou as moont­lik ná ’n vlug van die so­ge­naam­de vlug­flou­heid ont­slae te raak en die mid­dag gaan doen ons gim­na­si­um­werk.

Ons be­na­der die week die­self­de as voor e­ni­ge an­der toer­nooi.

Dins­dag het ons ’n veld­ses­sie. Woens­dag­mid­dag is ons af.

Baie van ons vat ’n boot­rit op die Sei­ne en loop deur die stra­te van Pa­rys, drink ’n kof­fie­tjie hier en daar, en – ek weet nie of ek dit mag sê nie – eet ’n stou­te C­re­pe de Nu­tel­la of twee (ek hoop nie die af­rig­ters lees hier­die nie).

Don­der­dag het ons ons hard­ste oe­fen­ses­sie: Die ver­de­di­ging­ses­sie.

Op Vry­dag­aan­de sal ons ge­woon­lik ’n fliek gaan kyk, maar ons is in Pa­rys en die flieks is in Frans, so ons be­sluit om lie­wer by ’n I­ta­li­aan­se plek­kie te gaan piz­za eet en me­kaar se ge­sel­skap vir ’n uur of twee te ge­niet. Dít is wat hier­die span so spe­si­aal maak.

Sa­ter­dag­og­gend 08:00 tot 11:50: Ru­han

Nel ver­tel.

Ons eet 08:00 ont­byt. Ek eet ge­woon­lik nie ’n groot ont­byt nie, ek is te veel op my se­nu­wees. An­der ou­ens soos San­di­le Ng­co­bo en Ce­cil (A­fri­ka) eet ’n groot ont­byt met roos­ter­brood en ei­ers. Ek eet net vrug­te­slaai met ’n kop­pie kof­fie.

Ná ont­byt be­gin ons om te strap. Van die ou­ens vat ’n muf­fin of twee van die ont­byt­ta­fel af, net om iet­sie in die pens te hou.

Ons daag by die sta­di­on op. Ons speel 11:28 teen S­kot­land. Co­ach Neil (Po­well) roep ons net ná 10:00 vir ’n ver­ga­de­ring en ons be­spreek hoe ons S­kot­land gaan be­na­der.

Die wed­stryd be­gin. Die eer­ste helf­te ver­loop nie lek­ker nie. Die ou­ens vind me­kaar nie.

Rus­tyd praat ons oor wat fout is. Die twee­de helf­te be­gin en S­kot­land het net te veel mo­men­tum. Ons ver­loor met 19-12. Har­de woor­de val.

11:51 tot 15:20: Wer­ner Kok ver­tel.

Ons is glad nie ge­luk­kig met ons ver­to­ning teen S­kot­land nie. Co­ach Neil laat val ’n paar har­de woor­de.

Ek dink ons was té ge­mak­lik voor die wed­stryd, maar dalk het ons hier­die wek­roep no­dig ge­had om vin­ger te trek.

Ons speel nou 14:45 teen Ja­pan, so ons het nie baie tyd om daar­oor te tob nie.

In die kleed­ka­mer trek el­ke ou wat wil sy swem­kle­re aan om in ’n ys­bad te klim.

Ná die ys­bad gaan stort ek. Om te dink. Om te ver­geet van wat ge­beur het.

Daar­na het ons ’n vi­de­o­ses­sie om Ja­pan te ont­leed.

Na­dat ons klaar is, luis­ter ons mu­siek. Wan­neer ek die foon kry om mu­siek te speel, sit ek Fran­cois van Co­ke se Mens­dom op.

Ons warm op en maak ge­reed vir die wed­stryd.

Ons sa­me­spel is puik teen Ja­pan. Ce­cil druk die eer­ste drie en al­les bou net voort van daar af. Ons wen met 35-5.

15:21 tot 19:10: Dy­lan Sa­ge ver­tel.

Die wed­stryd teen Ja­pan was nie ’n vol­le­di­ge ver­to­ning nie, maar ge­luk­kig wen ons.

Maar nou moet ons vir Ka­na­da klop. En hul­le gaan ge­reed wees, hul­le het ver­le­de week die Sin­ga­poer-toer­nooi ge­wen en as hul­le ons klop, vor­der hul­le na die be­ker-kwart­eind­stry­de.

Ons is in die kleed­ka­mer en die ou­ens trek an­der kle­re aan. Ek hou nie daar­van om in ’n ys­bad te klim nie, so ek spring deur die stort.

Te­rug in die kleed­ka­mer kry ie­mand ’n skoot­re­ke­naar uit en ons kyk na vi­de­o­gre­pe van die wed­stryd teen Ja­pan. Ons be­plan vir Ka­na­da en kyk na ’n paar van die an­der wed­stry­de, net om te ont­span.

Die groot ding teen Ka­na­da is om jou duik­slae uit te voer – hul­le is groot kê­rels wat daar­van hou om dru­kaan­geë weg te kry. As jy hul­le nie plat­trek nie, gaan hul­le jou seer­maak. Ons moet ons bal­be­sit be­skerm.

Ons warm op. Daar heers ’n po­si­tie­we e­ner­gie in die span.

Die wed­stryd be­gin, ons keer twee bal­le om en Chris (Dry) en Wer­ner druk vin­nig twee drieë.

Din­ge ver­loop goed. Ons wen met 31-7 en ná ’n wan­kel­ri­ge be­gin, ein­dig ons die dag op ’n hoë noot.

Sa­ter­dag­aand 20:00 tot Son­dag­og­gend 11:35: Chris Dry ver­tel.

Ons kom so 20:00 by die ho­tel aan. My eer­ste pri­o­ri­teit is om te eet: So­veel as moont­lik. Jy is moeg, so jy is nie vrees­lik hon­ger nie, maar jy moet eet om pro­te­ïen in jou lyf te kry.

Daar­na doen ons die me­die­se on­der­soek om te kyk of al­mal ou­kei is.

Ons gaan slaap om­trent eers mid­der­nag, want ons het eers ’n ver­ga­de­ring ge­had.

Son­dag­og­gend 07:30 staan ons op. Ek en Dy­lan is ka­mer­maats en ons het alt­wee ons ta­kies. Hy moet sorg ons kry ons mag­ne­si­um- en Air­mu­ne-ta­blet­te in.

Ons gaan eet brek­fis. Ek eet baie min. So twee snye brood met roer­ei­er en sous­bo­ne, geen wor­sies, geen spek, geen sam­pi­oe­ne.

Te­rug in die ka­mer moet ek my ka­mer­ta­kie ver­rig: Kof­fie maak. Ons vat vars bo­ne en maak vars kof­fie voor die ver­ga­de­ring. Net om se­ker te maak ons is op ’n ge­luk­ki­ge ka­fe­ïen­vlak.

Ons fo­kus nou weer net op die wed­stryd. Geen sel­foon is aan nie, be­hal­we die een wat mu­siek op die bus speel.

Ons kom by die veld aan en gaan deur ons roe­ti­ne. Ons speel teen Sa­moa en ons het ver­le­de jaar teen hul­le ver­loor in die kwart­eind­stryd, so ons moet gees­te­lik reg wees.

Fi­siek ge­spro­ke is die wed­stryd teen Sa­moa ons taai­ste een in ’n lang tyd. Maar ons tree na vo­re en wen met 12-0.

11:40 tot 14:55: S­ha­kes Soyi­z­wa­pi ver­tel.

Dit is al­tyd een van ons doel­wit­te om die be­ker­half­eind­stryd van ’n toer­nooi te haal. Ons het dit be­reik, maar ons dink nie aan rang­lys­pun­te op die wê­reld­reeks se pun­te­stand nie.

As ons vir Nieu-See­land in die half­eind­ron­de klop, wen ons die ti­tel. Maar ons dink nie daar­aan nie. Dis goed so.

Ons be­na­der die wed­stryd soos e­ni­ge an­der een.

Ons wen met 26-5. Dit is al­tyd lek­ker om te wen en ons be­sef ons wen die reeks! Die op­win­ding loop bit­ter hoog . . .

Be­daar. Daar is nog ’n wed­stryd oor. Dit is tyd vir die eind­stryd in Pa­rys.

15:00 tot 17:55: Ce­cil A­fri­ka ver­tel.

Ek dink nie al die spe­lers weet al ons het die wê­reld­reeks ge­wen nie.

Ons is in die eind­stryd. Ons stap van die veld af, maak ’n krin­ge­tjie, praat oor die fou­te wat ons teen Nieu-See­land ge­maak het en be­dank ons He­mel­se Va­der. Die eind­stryd be­gin 17:28, weer teen S­kot­land.

Maar vir nou klim die man­ne in ’n ys­bad en her­stel van die stryd teen Nieu-See­land.

Ná my ys­bad slaap ek vir ’n half­uur. Ons hou ver­ga­de­ring en fo­kus op S­kot­land.

Ons gaan die bal ont­vang ná die af­skop en ons fo­kus daar­op. Ons moet fa­ses op­bou aan die be­gin van die wed­stryd, ons moet nie vir hul­le mak­li­ke bal­le gee nie. Dan sal ons suk­ses­vol wees.

Die wed­stryd be­gin. Ons wen met 15-5. Die man­ne skree. Hul­le is ge­luk­kig en op­ge­won­de, dit is maar ’n e­mo­si­o­ne­le pro­ses, ver­al vir my wat só lank moes wag om die reeks te wen.

Dit is moei­lik om die ge­voel te ver­dui­de­lik.

TY IMAGES Fo­to: GET­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.