Hy praat in ta­le. Som­mer tien van hul­le

Regs­lui ag er­va­re tolk hoog

Beeld - - Front Page - A­let van der Walt

Die tolk in die moord­ver­hoor in Pa­rys mag in tien van die land se 11 amp­te­li­ke ta­le tolk. Die e­nig­ste taal waar­in Je­re­mi­ah Tol­lie nie mag tolk nie, is N­de­be­le. Hy kan wel die taal praat, maar die klan­ke is vir hom ’n bie­tjie moei­lik.

Van die regs­lui wat by die moord­ver­hoor be­trok­ke is, sê hy is een van die bes­tes.

“Dit is e­ni­ge jong aan­kla­er se droom om saam met so ’n er­va­re en goeie tolk soos Tol­lie te kan werk,” sê Ko­bus Bur­ger, een van die ver­de­di­ging se pro­ku­reurs.

Van die be­kend­ste ho­ë­pro­fiel­ver­ho­re waar­by Tol­lie al be­trok- ke was, is die ver­krag­tings­ver­hoor van pres. Ja­cob Zu­ma en die ri­tu­e­le moor­de in Ficks­burg.

“Ek is lus om ’n boek te skryf oor my le­we as tolk en al die in­te­res­san­te din­ge in die hof. Ek ge­niet my werk baie en dit is lek­ker om te weet ek maak ’n ver­skil om se­ker te maak ge­reg­tig­heid se­ë­vier.”

Van die be­ken­de reg­ters met wie hy saam­ge­werk het en wat hy sal ont­hou, is reg­ters An­ton Kru­ger, Ja­kes Mo­loi en Ian van der Mer­we.

Tol­lie wil graag vol­gen­de jaar af­tree, maar hy weet nie of die de­par­te­ment hom sal laat gaan nie, want sy vaar­dig­he­de is skaars. Daar is nie baie hoog­ge­regs­hof­tol­ke wat tien ta­le mag­tig is nie.

Hy is ’n boor­ling van Kim­ber­ley, waar hy reeds klein­tyd A­fri­kaans, En­gels en X­ho­sa leer praat het. Sy moe­der­taal is Xho- sa. Hy het in 1980 in Pa­rys as tolk in die land­dros­hof be­gin werk. Hy het ge­leer om in A­fri­kaans, En­gels, X­ho­sa en Tswa­na te tolk.

Na­dat hy ver­plaas is na Jo­han­nes­burg, het hy ook Noor­den Suid-Sotho, Tson­ga en Ven­da be­mees­ter.

Die de­par­te­ment van jus­ti­sie het hom ge­reeld na K­waZu­luNa­tal ge­stuur om af te los. Daar het hy Zoe­loe ge­leer en hom as hoog­ge­regs­hof­tolk be­kwaam.

Hy werk dees­dae in die Vry­staat se rond­gaan­de hof.

“Ek is nou ’n swer­wer,” sê Tol­lie en lag lek­ker.

Hy en sy vrou, Vi­r­gi­nia, het drie vol­was­se dog­ters.

Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Je­re­mi­ah Tol­lie in die rond­gaan­de hof in Pa­rys waar hy die ver­rig­tin­ge in A­fri­kaans, En­gels en Sotho tolk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.