Man op klein­hoe­we ge­skiet, vrou kri­tiek

Beeld - - Nuus - – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

’n Man is aan die hei­ning van sy klein­hoe­we by Wel­be­kend na­by Ray­ton, oos van P­re­to­ria, vas­ge­bind en langs sy vrou dood­ge­skiet.

Die vrou veg om haar le­we in die hos­pi­taal.

Die man wou uit­gaan om te kyk wat aan die gang was toe die huis se a­larm Don­der­dag­aand af­gaan, sê kapt. Kay Mak­hu­be­la, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der.

“Vyf ge­wa­pen­de mans het hom by die deur voor­ge­lê.

“Hul­le het hom te­rug in die huis ge­dwing en dit deur­ge­soek,” sê Mak­hu­be­la.

Die ben­de het die eg­paar toe uit die huis ge­sleep, hul­le aan die hei­ning vas­ge­bind en hul­le ge­skiet.

“Die man is langs sy vrou dood. Die vrou is in ’n erns­ti­ge toe­stand in ’n plaas­li­ke hos­pi­taal.”

Die aan­val­lers het met geld en e­lek­trie­se toe­stel­le weg­ge­kom, sê Mak­hu­be­la.

Dit is on­dui­de­lik of hul­le ’n voer­tuig ge­had het.

’n Saak van moord, po­ging tot moord en huis­braak word on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.