‘S­teen­kool­die­we’ met 12 lor­ries by myn in Bel­fast be­trap

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Toe die po­li­sie Don­der­dag in die vroeë og­gend­u­re by die Won­der­fon­tein-steen­kool­myn in Bel­fast toe­slaan, was ses vrag­mo­tors reeds prop­vol steen­kool ge­laai en het nog ses ge­reed ge­staan om ge­laai te word.

15 mans het laat spaan­der en van hul­le het na be­we­ring selfs pro­beer om le­de van die po­li­sie raak te ry.

Gis­ter het ne­ge van hul­le vlug­tig in die land­dros­hof in Bel­fast ver­skyn op aan­klag­te van dief­stal en po­ging tot moord.

“Agt ver­dag­tes is op die to­neel in heg­te­nis ge­neem. Die ne­gen­de ver­dag­te is Don­der­dag­aand in heg­te­nis ge­neem toe hy ’n klag van ka­ping by die po­li­sie­kan­toor in Bel­fast aan­han­gig wou maak,” sê kapt. Di­neo Sek­go­to­di, woord­voer­der van die Val­ke in M­pu­ma­lan­ga.

Sy sê die po­li­sie het in­lig­ting ont­vang oor on­ge­rymd­he­de by die Won­der­fon­tein-myn, wat aan die in­ter­na­si­o­na­le myn­reus G­len­co­re be­hoort.

“Drie van die vei­lig­heids­wag­te is glo om­ge­koop om die ag­ter­ste toe­gangs­hek­ke van die myn oop te maak.”

Die wag­te is na be­we­ring tus­sen R35 000 en R50 000 aan­ge­bied vir dié “gun­sie”.

“Die wag­te het ook laat spat, boon­op met hul werk­ge­wer se vuur­wa­pens nog in hul be­sit, maar die po­li­sie is op die spoor van hul­le en die drie an­der ver­dag­tes.”

Sek­go­to­di sê die po­li­sie het steen­kool van R175 000 te­rug­ge­kry. Daar is ook be­slag ge­lê op die 12 vrag­mo­tors van so­wat R30 mil­joen.

“Ons pro­beer nog vas­stel waar die vrag­mo­tors van­daan kom. Die re­gis­tra­sie­nom­mers is vals en ons het ’n klomp re­gis­tra­sie­nom­mers in een van die ver­dag­tes se voer­tuig op­ge­spoor. Dit moet al­les na­ge­gaan word.”

Waar­heen die steen­kool op pad was, word on­der­soek.

“Daar is be­spie­gel dat dit vir ’n ha­we be­stem was, maar ons kan nie daar­op kom­men­taar le­wer tot­dat ons die fei­te het nie,” sê Sek­go­to­di.

G­len­co­re sê: “Ons werk saam met die po­li­sie en die o­wer­he­de en sal nie in dié sta­di­um kom­men­taar le­wer nie.”

Mat­ho­ko­za­na Mand­la T­sa­be­d­ze (39), Chris­to­pher K­hum­bu­la­ni Ts­he­zi (57), Frans Ba­si Mahlan­gu (55), Man­go­ba G­wa­la (25), K­hu­le­ka­ni Dla­mi­ni (26), T­riphi­ne Mu­zon­di (53), Bong­in­ko­si Nd­l­ho­vu (31), San­di Mat­he­bu­la (44) en Mo­ses Alf­red Ma­som­bu­ka (36) ver­skyn op 2 Ju­nie weer in die hof wan­neer hul­le om borg­tog gaan aan­soek doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.