Ro­wers slaan toe op kom­mis­sie­ad­junk

Beeld - - Nuus - – And­rea K­ü­sel

Har­din Rats­hi­susu, ad­junk­kom­mis­sa­ris van die Me­de­din­gings­kom­mis­sie, was Don­der­dag­aand die slag­of­fer van ’n ge­wa­pen­de roof­tog.

Hy is by sy tuis­koms van die O.R. Tam­bo-lug­ha­we af by die in­gang na sy woon­kom­pleks in Mid­rand be­roof.

“Dit lyk of hy van die lug­ha­we af ge­volg is,” sê Sip­ho Ng­we­ma, woord­voer­der van die kom­mis­sie.

Rats­hi­susu is nie be­seer nie, maar al sy be­sit­tings is ge­steel.

Hy was in Botswa­na, waar hy ’n ver­ga­de­ring van die me­de­din­gings­o­wer­he­de in die Sui­der-A­fri­kaan­se Ont­wik­ke­lings­ge­meen­skap by­ge­woon het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.