Zam­bi­ërs jou Mai­ma­ne in Pta uit

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, is gis­ter­og­gend in P­re­to­ria deur on­der­steu­ners van pres. Ed­gar Lun­gu van Zam­bië uit­ge­jou toe hy by die Zam­bie­se ho­ë­kom­mis­sa­ri­aat wou uit­vind hoe­kom hy Don­der­dag toe­gang tot Zam­bië ge­wei­er is.

Mai­ma­ne wou die hoog ver­raad­ver­hoor van die Zam­bie­se op­po­si­sie­lei­er Ha­kain­de Hi­chi­le­ma by­woon. Hi­chi­le­ma word aan­ge­kla om­dat sy kon­vooi glo ge­wei­er het om vir Lun­gu s’n pad te gee.

Die DA-lei­er sê hy is nie toe­ge­laat om in Lu­sa­ka, die Zam­bie­se hoof­stad, van die vlieg­tuig af te klim nie.

Zam­bie­se amp­te­na­re het hom en sy ge­volg op die vlieg­tuig glo hard­han­dig be­han­del en sy foon en iPad is van hom af­ge­neem.

Em­ma­nu­el M­wam­ba, die Zam­bie­se ho­ë­kom­mis­sa­ris in P­re­to­ria, het ge­sê sy kan­toor het Mai­ma­ne ge­waar­sku om nie Lu­sa­ka toe te gaan nie.

Hy het Mai­ma­ne daar­van be­skul­dig dat hy die Zam­bie­se reg­stel­sel wou on­der­myn.

Toe Mai­ma­ne gis­ter ná so­wat ’n uur by die ho­ë­kom­mis­sa­ri­aat uit­kom, het die Lun­gu-on­der­steu­ners “Zu­ma, Zu­ma, Zu­ma!” uit­ge­roep.

Oor­kant die straat het DAon­der­steu­ners met “M­mu­si, M­mu­si!” ge­ant­woord.

Mai­ma­ne het aan joer­na­lis­te ge­sê hy het aan M­wam­ba ge­sê die DA eis Hi­chi­le­ma se vry­la­ting.

Hy wou ook weet wat die amp­te­li­ke re­des is waar­om hy nie in Zam­bië toe­ge­laat is nie.

M­wam­ba het on­der­neem om dié re­des la­ter te ver­skaf.

Mai­ma­ne het ge­sê hy gaan nie uit Zam­bië weg­bly nie.

“Wan­neer mnr. Hi­chi­le­ma weer (op 12 Ju­nie) in die hof ver­skyn, wil ek daar wees.

“Dit is nie om in te meng met die ho­we van Zam­bië nie, maar om­dat ek wil se­ker maak die Zam­bie­se re­ge­ring tree op ’n de­mo­kra­tie­se wy­se op,” het Mai­ma­ne ge­sê.

Nie­mand kon nog vir hom sê wie het op­drag ge­gee dat hy nie die land mag bin­ne­kom nie, maar hy glo dit was ’n po­li­tie­ke be­sluit.

Clay­son Mo­ny­e­la, woord­voer­der van die de­par­te­ment van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king, het by na­vraag ge­sê dié de­par­te­ment het die Suid-A­fri­kaan­se ho­ë­kom­mis­sa­ris in Lu­sa­ka ge­vra om by die Zam­bie­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke uit te vind wat die re­des is waar­om Mai­ma­ne toe­gang tot Zam­bië ge­wei­er is.

Fo­to: SA­REL VAN DER WALT

On­der­steu­ners van pres. Ed­gar Lun­gu van Zam­bië be­toog gis­ter­og­gend voor die Zam­bie­se ho­ë­kom­mis­sa­ri­aat in P­re­to­ria teen M­mu­si Mai­ma­ne, DA­lei­er, wat Don­der­dag toe­gang tot Zam­bië ge­wei­er is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.