O­pod vra hof­be­vel oor on­der­soek na sy le­de

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek di­rek­to­raat( Op o d ), wat moont­li­ke wan­ge­drag deur po­li­sie­le­de on­der­soek, wil ’n hof­be­vel be­kom wat uit­stip­pel hoe die po­li­sie O­pod-on­der­soe­kers mag on­der­soek.

O­pod het die drin­gen­de aan­soek Don­der­dag by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien.

“Die da­tum waar­op dit aan­ge­hoor sal word, is nog nie be­kend nie,” sê Jac Marais van die P­re­to­ri­a­se regs­fir­ma A­dams & A­dams, wat na­mens O­pod op­tree.

O­pod vra die hof om te ver­klaar of dit on­wet­tig of on­grond­wet­lik is dat e­ni­ge po­li­sie­lid on­der­soek na ’n O­pod-lid kan doen of daar­oor toe­sig kan hou in­dien dié lid ’n per­soon­li­ke be­lang by so ’n on­der­soek het of self deur O­pod on­der­soek word.

Ro­bert M­cB­ri­de, uit­voe­ren­de di­rek­teur van O­pod, sê lt.genl. K­go­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­hoof, het in re­ak­sie op O­pod se on­der­soek na hom ver­skeie po­li­sie-on­der­soe­ke be­gin na die ein­ste O­pod-le­de wat P­hahla­ne se be­weer­de wan­ge­drag be­kyk.

P­hahla­ne het self klag­te teen Mand­la­kayi­se Mahlan­gu en Te­ma­ne A­bram Bi­nang in­ge­dien. ’n Span po­li­sie­le­de van Noord­wes on­der lei­ding van genl.maj. N­te­bo Ma­bu­la, pro­vin­si­a­le ad­junk po­li­sie­hoof, han­teer die saak.

M­cB­ri­de sê dis op­merk­lik dat ver­skeie le­de van dié po­li­sie on­der­soek­span self han­gen­de klag­te teen hul­le het wat O­pod on­der­soek.

O­pod on­der­soek be­we­rin­ge van mar­te­ling, moord en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer teen le­de van die Noord­wes-speur­af­de­ling.

Die “ont­stel­len­de nei­ging” in dié klag­te is dat be­weer word ’n se­ke­re mar­te­lings­me­to­de word op aan­ge­hou­de­nes ge­bruik, soos om hul­le aan ’n stoel vas te bind, ’n plas­tiek­sak oor hul kop te trek en hul­le aan hul ge­slags­de­le te skok.

M­cB­ri­de sê P­hahla­ne het po­li­sie­le­de in Noord­wes “met die hand uit­ge­soek” om die O­pod-le­de te on­der­soek, ter­wyl dié po­li­sie­le­de van­self­spre­kend vy­an­dig­ge­sind is teen­oor O­pod weens die di­rek­to­raat se on­der­soe­ke teen hul­le.

Vol­gens die ge­tui­e­nis tot nou meen O­pod P­hahla­ne het ’n “baie erns­ti­ge saak” waar­op hy moet ant­woord: dat hy sy kan­toor, ge­sag en in­vloed in on­wet­ti­ge da­de ge­bruik het.

M­cB­ri­de sê Ma­bu­la het op 4 Ja­nu­a­rie straf­reg­te­li­ke klag­te by die Ka­meel drif t­po­li­sie­kan­toor in P­re­to­ria teen die twee O­pod-on­der­soe­kers in­ge­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.