Bal­ju slaan toe op bin­ne­land­se sa­ke

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Die streek­kan­toor van die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke in M­bom­be­la het gis­ter­mid­dag on­ver­wags vroeg ge­sluit toe die bal­ju ’n be­slag­leg­gings­be­vel daar uit­ge­voer het.

Kli­ën­te van die de­par­te­ment het ver­dwaas rond­ge­staan toe wer­kers van die bal­ju by die diens­lo­kaal in­ge­kom en re­ke­naars en meu­bels be­gin ver­wy­der het.

Die bal­ju se vrag­mo­tor het bui­te ge­wag. Toe kom die vrag: ver­skeie staal­ban­kies wat ge­woon­lik sit­plek bied aan men­se in die lang toue by bin­ne­land­se sa­ke, nog meu­bels en 21 re­ke­naars met skerms, sleu­tel­bor­de en mui­se.

Die goe­de­re is in twee vrag­te weg­ge­ry.

Op die bal­kon het per­so­neel­le­de van die kan­toor die be­dry­wig­he­de ga­de­ge­slaan ter­wyl ’n vei­lig­heids­be­amp­te ’n ken­nis­ge­wing op die glas­deu­re aan­ge­bring het: “Neem as­se­blief ken­nis dat hier­die kan­toor ge­sluit Fo­to’s: A­LET JOU­BERT teen die de­par­te­ment in­ge­dien het weens on­reg­ma­ti­ge in­heg­te­nis­ne­ming.

“Die de­par­te­ment het die saak be­twis. Son­der die de­par­te­ment se me­de­we­te het die in­di­vi­du se regs­ver­teen­woor­di­gers nog ’n saak om pre­sies die­self­de re­de in­ge­dien.

“Dit is in dié saak dat ’n be­slag­leg­gings­be­vel uit­ge­reik is.”

Hy sê toe die de­par­te­ment be­wus ge­word het van die twee­de saak, is die staats­pro­ku­reur ge­vra om drin­gend in te gryp.

“Die bal­ju is be­wus van kor­re­spon­den­sie tus­sen die de­par­te­ment en die staats­pro­ku­reur om die be­slag­leg­gings­be­vel nie­tig te laat ver­klaar.”

Mok­go­la sê in dié sta­di­um is dit eg­ter on­se­ker wan­neer die kan­toor sal her­o­pen.

“Die de­par­te­ment oor­weeg die moont­lik­heid om sy mo­bie­le een­heid be­skik­baar te stel om kli­ën­te te be­dien, maar men­se kan ook na die de­par­te­ment se kan­toor in Wit­ri­vier gaan om hulp.”

En­ke­le van die 21 re­ke­naars wat uit die kan­to­re ver­wy­der is.

Die laas­te staal­ban­kie word ge­laai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.