Mu­ni­si­pa­le ge­bou brand in be­to­ging by Bie­sies­vlei

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Nóg ’n dorp wat on­der die Dit­so­bot­la-mu­ni­si­pa­li­teit in Noord­wes val, het gis­ter on­der op­roer deur­ge­loop.

Be­to­gers het gis­ter­og­gend ’n mu­ni­si­pa­le ge­bou en trek­ker in Bie­sies­vlei aan die brand ge­steek.

Lt.kol. Pe­lo­no­mi Ma­kau, po­li­sie­woord­voer­der, sê so­wat 2 000 on­te­vre­de in­wo­ners het reeds vroeg­og­gend die R52 by Bie­sies­vlei met bran­den­de voer­tuig­ban­de, stok­ke en bos­se ver­sper. Die ge­weld het la­ter be­daar. “Hul­le sing net en wag op die bur­ge­mees­ter om met hul­le te praat. Hul­le is on­te­vre­de oor diens­le­we­rings­kwes­sies,” sê Ma­kau.

Ook gis­ter het 32 men­se wat die bur­ge­mees­ter van­dees­week as gy­se­laar aan­ge­hou het, in die land­dros­hof in Lich­ten­burg ver­skyn.

Al 32, on­der wie ’n paar vroue, bly in aan­hou­ding tot­dat hul borg­to­gaan­soek Woens­dag aan­ge­hoor word.

Die hof­saal was stamp­vol ter­wyl die be­skul­dig­des te mid­de van ’n sterk po­li­sie­teen­woor­dig­heid een vir een in­ge­bring is.

Hul­le word van men­se­roof, brand­stig­ting en po­ging tot moord aan­ge­kla.

Die 32 was glo deel van ’n groep in­wo­ners van ’n wyk in die Boi­k­hut­so-towns­hip na­by Lich­ten­burg wat ’n deel van die mu­ni­si­pa­le ge­bou Woens­dag aan die brand ge­steek het.

Da­niel But­he­le­zi, bur­ge­mees­ter, en sy lyf­wag is Don­der­dag­og­gend vroeg vry­ge­laat na­dat die po­li­sie met die op­roe­ri­ges on­der­han­del het. Hul­le is kort daar­na in heg­te­nis ge­neem.

In­wo­ners van die Dit­so­bot­la­mu­ni­si­pa­li­teit gaan al jare lank on­der ge­brek­ki­ge diens­le­we­ring ge­buk, ver­al ten op­sig­te van wa­ter en ri­o­le­ring.

Lich­ten­burg het ge­reeld wa­ter­te­kor­te en in Co­li­gny loop on­be­han­del­de ri­ool­wa­ter ge­reeld in die stra­te af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.