Be­to­gers maak stem dik teen dié ge­weld

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Ker­ke moet help om die toe­ne­men­de ge­weld teen vroue en kin­ders te be­stry, het ’n mi­nis­ter en ’n LUR gis­ter ge­sê.

“Dit is tyd dat hier­die kwes­sie in ker­ke aan­dag kry. Dit ge­beur ook in ker­ke. Ons hoor van pas­to­re wat vroue in die kerk ver­krag,” het Si­za­ke­le Ma­lo­ba­neN­ko­si, Gau­teng­se LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid, ten ty­de van ’n op­tog teen dié soort ge­weld in So­we­to ge­sê.

Su­san S­ha­ban­gu, mi­nis­ter van vroue in die pre­si­den­sie, daag gods­diens­ti­ge lei­ers uit om vroue te help.

“Daar is ’n dui­wel in die land, want hy het ge­sien ons werk nie saam nie.”

S­ha­ban­gu sê die re­ge­ring kan dié stryd nie al­leen wen nie en het ker­ke no­dig. Dit is vol­gens haar die kerk wat die stryd teen a­part­heid ge­wen het.

Hon­der­de be­to­gers het van die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg se So­we­to-kam­pus na die Re­gi­na Mun­di-kerk in So­we­to ge­stap om te sê: “Ge­noeg is ge­noeg.”

Met rooi lip­stif­fie aan en meest­al in swart ge­klee het hul­le hul stem dik ge­maak teen die toe­ne­men­de voor­koms van ge­slags­ge­gron­de ge­weld in So­we­to en die res van die land.

“Suid-A­fri­ka rou,” sê een be­to­ger.

Nog een sê die re­de vir al die ge­weld teen vroue is dat gods­diens­op­voe­ding uit sko­le ge­haal is. “God is nie meer in sko­le nie. Dié is waar­mee ons ge­laat is. Dit is hoe­kom dit ge­beur.”

S­ha­ban­gu sê nie al­le mans is sleg nie en nie al­le po­li­sie­le­de is sleg nie, “maar daar is van hul­le wat sleg is”.

Ma­lo­ba­ne-N­ko­si sê dit is tyd dat mans die pro­bleem er­ken. “Ons het mans no­dig wat hul mag vir die reg­te re­des sal ge­bruik. Ons be­no­dig mans wat sal se­ker maak dat kin­ders en vroue be­skerm word. Lei­ers, ek in­kluis, moet eer­lik wees. As ons nie iets kan doen nie, dan moet ons so sê en die ge­meen­skap se hulp vra.”

Die LUR spreek haar skerp uit teen die ver­skyn­sel dat mis­han­del­de vroue by po­li­sie­kan­to­re weg­ge­wys word as hul­le ’n saak van aan­ran­ding wil aan­meld. Daar word vol­gens haar aan vroue ge­sê hul­le moet din­ge met hul kê­rels reg­maak en nie hul loop­ba­ne ver­nie­tig nie.

Sy moe­dig mis­han­del­de vroue aan om mis­han­de­ling aan te meld en nie stil te bly nie.

Ma­lo­ba­ne-N­ko­si sê op ’n ver­ga­de­ring Woens­dag met Da­vid Mak­hu­ra, Gau­teng­se pre­mier, het po­li­sie­le­de hul­le daar­toe ver­bind om teen mis­daad te veg en dit teen 2019 met 50% te ver­min­der.

M­siya C­hin­ti­le, voor­sit­ter van die #NotInMyNa­me-be­we­ging, sê dis tyd dat hul­le na lan­de­li­ke ge­bie­de, ta­ver­nes en tax­istaan­plek­ke gaan om die kern van die pro­bleem te kon­fron­teer. Hul maand lan­ge veld­tog sal mô­re in Ham­mans­kraal, noord van P­re­to­ria, be­gin.

“Reg­te mans ver­krag nie en hul­le moor nie.”

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Be­to­gers teen ge­weld teen vroue en kin­ders neem gis­ter deel aan ’n op­tog na die Re­gi­na Mun­di­kerk in So­we­to.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.