‘Sta­kers’ stig brand by On­der­ste­poort

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

S­ta­ken­de werk­ne­mers van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) ont­ken hul­le het die­re los­ge­laat en voer op die On­der­ste­poort­kam­pus aan die brand ge­steek.

“Dit was nie ons nie. Ons dis­tan­si­eer ons van van­da­lis­me en be­we­rings wat teen ons le­de ge­maak is,” sê Nt­sa­ko Nom­be­la­ni, na­si­o­na­le or­ga­ni­seer­der van die vak­bond Ne­ha­wu.

Ri­kus Del­port, UP-woord­voer­der, sê die u­ni­ver­si­teit het vi­de­o­ma­te­ri­aal van die ge­beu­re en gaan dit aan die po­li­sie oor­han­dig.

“Af­ge­sien van die straf­reg­te­li­ke klag­te wat teen die wer­kers aan­han­gig ge­maak gaan word, gaan die u­ni­ver­si­teit ook met ’n tug­saak teen hul­le be­gin.”

Hy sê die u­ni­ver­si­teit is te­leur­ge­steld dat ’n paar werk­ne­mers hul­le skul­dig maak aan mis­da­di­ge ge­drag ter­wyl die be­stuur be­wys het hy is be­reid om te on­der­han­del.

“Ons ver­oor­deel die ge­drag ten sterk­ste en sal al­les moont­lik doen om die vei­lig­heid van ons stu­den­te, per­so­neel­le­de en ei­en­dom te ver­se­ker.”

A­friForum Jeug het glo die nood­diens­te ont­bied toe die brand ont­dek is en die u­ni­ver­si­teit se twee­rig­ting­ra­dio’s skie­lik teg­nie­se pro­ble­me ont­wik­kel het.

Vol­gens Ju­li­us Land­man, A­friForum Jeug se Tuks-ko­ör­di­neer­der, is dit nog on­dui­de­lik wat die om­vang van die ska­de is.

Geen be­se­rings is aan­ge­meld nie en stu­den­te het in­ge­gryp om die bran­de te help blus.

Nom­be­la­ni sê die be­to­ging is gis­ter af­ge­las, “want net ’n paar men­se het op­ge­daag”. Hul­le sal Maan­dag voort­gaan met on­der­han­de­lin­ge.

Die vak­bond se le­de het om 10:00 ver­daag “om in­ko­pies te doen”.

Le­de van Ne­ha­wu be­toog se­dert ver­le­de Vry­dag op die UP se hoof­kam­pus in Hat­field. Hul­le eis ’n sa­la­ris­ver­ho­ging van 8%, meer keu­ses vir ’n me­die­se fonds en ’n jaar­lik­se bo­nus.

Die­re­voer brand gis­ter op die UP se On­der­ste­poort­kam­pus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.