Twee oor­leef vlieg­tuig­on­ge­luk

Beeld - - Nuus - – A­let Jou­bert

’n Vlie­ë­nier en sy pas­sa­sier is in die Ne­t­ca­re U­ni­on-hos­pi­taal in Al­ber­ton op­ge­neem na­dat hul­le gis­ter­mid­dag in ’n vlieg­tuig­on­ge­luk na­by Wak­ker­stroom be­trok­ke was.

Na ver­neem word, is een van die in­sit­ten­des uit die vlieg­tuig ge­slin­ger toe dit die grond tref.

Al­bei in­sit­ten­des het nek- en rug­be­se­rings op­ge­doen. Hul­le is per he­li­kop­ter hos­pi­taal toe ge­bring. Dit kon nog nie be­ves­tig word of die vlieg­tuig deel is van die P­re­si­dents­be­ker­wed­vlug wat die na­week plaas­vind nie.

Die Bur­ger­lug­vaar­to­wer­heid (BLO) on­der­soek die on­ge­luk, sê Ka­be­lo Ledwa­ba, woord­voer­der van die BLO.

“Min be­son­der­he­de is nog be­kend, maar ons het ver­neem daar was twee men­se in die vlieg­tuig.”

NUUS 9

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.