Wil jy skei? S­tuur net ’n e­pos

Beeld - - Nuus - – Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Vrou van Kemp­ton Park het ’n hof­be­vel be­kom om haar man, wat in Ka­na­da glo met ie­mand an­ders ge­trou het, in die bui­te­land om ’n eg­skei­ding te dag­vaar.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het ’n be­vel aan die 39-ja­ri­ge vrou ver­leen wat haar ver­lof gee om die dag­vaar­ding in Ka­na­da te laat be­dien. Sy mag dit na haar man se e-pos­a­dres s­tuur en as hy op die e-pos ant­woord, sal dit ge­noeg be­wys wees dat die dag­vaar­ding be­hoor­lik op hom be­dien is.

Die hof het ge­sê die man (40) moet daar­na 21 dae tyd ge­gun word om te sê of hy die eg­skei­ding teen­staan. Vol­gens die vrou voor­sien sy geen teen­stand van hom teen die eg­skei­ding nie, want daar is geen dis­pu­te tus­sen hul­le nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.